Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd 2014: Tweede keurverslag van "Keerom (Vlekke op die grond)"

  • 0

Keerom (Vlekke op die grond): Die tweede keurverslag deur Leti Kleyn

 


Keerom

Die tematiek van hierdie verhaal is een wat ’n belangrike bydrae kan lewer tot die literêre gesprek rondom geweld op plase. Ek wil die skrywer tog aanmoedig om Paul Bosman se verhaal “Twee vroue” te lees om te sien wat mens kan doen met ’n verhaal van hierdie aard.

Die grootste uitdaging (na my mening) is steeds die kwessie van vertel eerder as wys en ontvou. Die verhaal lees nog nie soos ’n kortverhaal nie, eerder soos ’n gesprek waar iemand iets aan iemand anders oorvertel. Daar is te veel algemene en ondeurdagte stellings in die teks: “mond wat sarkasme verklap”, “hart bevlek met geheime”, “trots op die mou dra”, “my punt is seker maar”, “grom Oupa”, “in sy eie trane en bloed”, “trane steek”, “pienk stukkies vleis”, “met sy gevreet”, “gepiep verander na eentonige getoet”, “gesig wat frommel”. Die skrywer wissel ook tussen die direkte en indirekte rede – ’n gevolg van die vertelperspektief (ek-verteller, maar word as terugblik vertel). 

Die verhaal sien nog nie soos ’n literêre kortverhaal daarna uit nie. Die skrywer sal die karakters tot volronde karakters moet ontwikkel, aandag moet gee aan die wyse waarop die gebeure in die verhaal ontvou, dialoog, terugflitse en wisselende tydsaanduidings sowel as dialoog en vertelperspektief sal nog heelwat aandag moet geniet.

 


 

Lees die tweede weergawe: "Keerom (Vlekke op die grond)"

Lees die eerste weergawe: "Keerom (Vlekke op die grond)"

Lees die eerste keurverslag oor "Keerom (Vlekke op die grond)"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale: Tweede weergawe

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top