Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Eerste keurverslag van "Met somer in gedagte"

  • 0

Met somer in gedagte: Die eerste keurverslag deur Suzette Kotzé-Myburgh

 


Moenie dat die klomp rooi merke jou mislei nie – ek hou baie van hierdie storie, treffende titel en al. En omdat dit ’n goeie storie is, met ’n pragtig onderbeklemtoonde boodskap en fyn uitgewerkte parallelle, verdien dit om presies, tot in die kleinste detail, afgewerk te word. Want in ’n kortverhaal tel elke woord.

Die oorhoofse rede vir my veranderinge en voorstelle het te doen met die ou gesegde van Less is more. Met ’n “stil” storie soos hierdie verhoog ’n mens juis die trefkrag met “paring down”, tot net dit wat nodig is gesê word. Jy skryf plek-plek so kompak en ekonomies, en dan glip jy op ander plekke in ’n oorformele, boekerige styl in waar jy te veel en onnodig “praat”.

Dus: bekyk asseblief my voorstelle met aandag, ek dink jy behoort gou agter te kom waarna ek mik om hierdie storie honderd persent reg te kry.

Klik hier vir nog terugvoer in PDF-formaat.


 

Lees die kortverhaal "Met somer in gedagte"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top