Nuwe sjef vir Holden Manz se Franschhoek Kitchen

  • 0

Opwindende eetgenot, aangevuur deur ’n liefde vir goeie kos, wye ervaring in die restaurantbedryf en kook vir internasionaal-bekende glanspersoonlikhede, wink by die boetiekwynlandgoed Holden Manz met die aanstelling van gesoute sjef Cheyne Morrisby by die Franschhoek Kitchen-restaurant.

“Ons kondig graag die aanstelling van Cheyne as hoofsjef aan en sien uit na sy vindingryke kookstyl van kook by die Franschhoek Kitchen,” se Gerard Holden, mede-eienaar van Holden Manz. Cheyne sal saam met die Franschhoek Kitchen se kombuisspan, wat hul spyskaart aanpas by die vars, seisoenale bestanddele uit die landgoed se eie groentetuin en vrugteboord, werk en hy beplan opwindende kookprojekte by Holden Manz. Met tapas as een van sy groot passies, beloof Cheyne verskeie verleidelike disse en geure op die Franschhoek Kitchen se spyskaart.

Dié gesoute sjef, met wêreldwye ervaring op sy kerfstok, het sy passie vir kook tydens sy nasionale diens aan die Suid-Afrikaanse vloot ontdek en het sy vaardighede by van Kaapstad se beste restaurante geslyp. ’n Jaarlange besoek aan Londen het gelei tot ’n opwindende kosreis van elf jaar, waar hy by toonaangewende restaurante gewerk het, na Asië gereis het en vir internasionaal bekende sterre soos Kate Moss, Robbie Williams en Kylie Minogue gekook het.

Cheyne glo in die belangrikheid van tred hou met wêreldwye neigings en om ’n eenvoudige, effektiewe benadering tot kosmaak te hê. “Wat my betref, het kosmaak tot ’n punt gekom. Fynproeweretes word alles in goeie, eenvoudige smake vervat. Daar is ook ’n groot fokus op kleiner produsente.”

Sy liefde vir kook kom in elke dis wat hy voorberei, na vore. Tesame met ’n verskeidenheid keurige tapas, is een van Cheyne se gunstelingdisse geroosterde varkpens, wat beslis op die voorgrond sal tree op die Franschhoek Kitchen se nuwe spyskaart. Voorgesit met aartappel en klapper-kroketjie en deurdrenk met twee heerlike souse – ’n sprietui-, gemmer- en ryswynpuree en ’n rooi kimchisous – sal dit ’n heerlike keuse wees vir die naderende Kaapse herfs. Sy bros eend, voorgesit met waatlemoen, fyngemaalde cashew-neute en soet miso is nog ’n treffer vir die winter.

Die Holden Manz restaurant is Dinsdae tot Saterdae oop vir middag- en aandete en Sondae vir middagete. Bel 021-8762729 of stuur e-pos na wayne@holdenmanz.com. Besoek Holden Manz op Facebook of by www.holdenmanz.com. Om Holden Manz te bereik, draai regs by die Huguenote Monument in Franschhoek en volg die padtekens vir twee kilometer.

GPS koördinate: Breedtegraad: 33° 56’ 7” S; Lengtegraad: 19° 6’ 54” E.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top