"Nuwe lewe" deur Abre van Wyk

  • 0

Nuwe lewe

Jy was nog altyd net daar
in my midde hierdie ongelooflike jaar

Ek het lank geswyg
omdat ek bang was vir die pyn
Maar sonder dit alles
was ek niks sonder jou

Tyd het die vermoeë om perspektief te bring
Vir die vrae wat in my kop rondspring

REFREIN:
Ek vang myself net sit en staar
Woordeloos het jy my hart ingevaar
Saam met jou was ek vry
Saam met jou het ek nuwe lewe gekry

Vir die eerste keer
in ’n baie lang tyd
het ek weer diep
in my hart gekyk

Jy vertel my van jou lewe in die Oranje staat
Ek lag soms saggies oor hoe julle daar praat

Dis wanneer jy lag dat ek jou wil soen
Asof die tyd stilstaan en ek dit weer en weer kan doen

REFREIN

Ek het jou lyn opgetel sonder om jou te sê
En my storie aan jou vertel, vir jou vertel wat ek wou hê

Eendag het jy vir my gefluit, want ons storie was toe uit
Jy het nuwe lewe gevind op die langpad, saam met die wind

Daar is geen boek in die wêreld wat vir ? mens kan voorskryf
hoe om jou hart weer vas te maak aan jou lyf

Ek vang myself net sit en staar
Woordeloos

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top