Klik op ’n boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.com!
|
Anderkant die spieël Anderkant die spieël is ’n storie vir elke vrou wat al gewonder het hoekom sy nou eintlik haar tee swart en bitter drink as soet en melkerig soveel lekkerder is. Vir elke vrou wat al gewens het sy kon die uitgevrete rotte in haar kombuis – en huwelik – met ’n .22 wegblaas, en wat vroualleen ’n Swartwoudkoek kan baasraak. En vir elke vrou wat al op ’n dag besef het sy weet nie meer hoe om by die huis te kom, of waar “huis” nou eintlik is nie. Anderkant die spieël is die storie van Maggie, wat ons in Talia vat grondontmoet het. Sy val deur die hasegat op nóg ’n nuwe dorp waar gewapende, aweregse buurvroue verkykers het, en haar o-so-gawe man nooit meer huis toe kom nie. Klik hier en koop jou eksemplaar van Anderkant die spieël nou van Kalahari.com!
|
|
|
Bokspronge – Goue oomblikke in Springbokrugby Almal onthou die Springbokke se groot wedstryde, die drieë en die glorie. Maar min mense weet wat werklik vooraf in spanpraatjies gesê is, watter musiek op die spanbus gespeel is en wat ná die tyd in die kleedkamers afgespeel het. In Bokspronge – Goue oomblikke in Springbokrugby vertel sportskrywer Stephen Nell nie net die verhaal van Suid-Afrikaanse rugby se beste dae op die veld nie, maar lig hy óók die sluier op gebeure agter die skerms. Nell gaan soek die stories by afrigters, spelers en beamptes, en gee lesers so ’n ryke en diepe blik in Springbokrugby. Aan die woord is, onder andere: Bryan Habana, Nick Mallett, Jake White, John Smit, Brendan Venter, Chester Williams, Gary Gold en wyle Louis Luyt. Nell bring naas die interessante stories ook ’n nostalgiese glimlag oor die Springbokke se oorwinnings en gloriemomente sedert Suid-Afrikaanse rugby se terugkeer uit isolasie in 1992.
|
|
|
Danda op Oudeur Verwerk deur die skrywer en heruitgegee met nuwe omslag. Danda bevind hom nou by sy pa op die seedorp Oudeur. Hier beleef hy ’n opwindende avontuur, waarin sy pa verdink word van moord, en waarin swendelaars en smokkelaars ontmasker word. Weer eens is die ou deugniet Sarel Vetvoet en Danda se versameling troeteldiere teenwoordig. ’n Bymotief is dié van die verdere ontwikkeling van Danda se vriendskap met Rosina, die Portugese meisie wie se pa Danda in die eerste boek gehelp het, en Sara, die vrou met wie sy pa ’n verhouding het. (Uit Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom: ’n gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek). Klik hier en koop jou eksemplaar van Danda op Oudeur nou van Kalahari.com! |
|
|
'n Dief aan die kers - skelm woorde deur die eeue Hierdie splinternuwe boek deur dr. Anton F. Prinsloo beskryf hoe die oorspronklike betekenisse van ongeveer 1 000 Afrikaanse woorde metterjare só verander het dat die betekenisse wat ons vandag ken, byna hoegenaamd nie sin maak nie. So byvoorbeeld het die woord ambisie eeue gelede niks met ’n sterk strewe na sukses en vooruitgang te doen gehad nie. As iemand in daardie eeue ambisie gehad het, het dié persoon soos ’n bedelaar van huis tot huis geloop. En die betekenis van die Nederlandse dyk was toentertyd allermins dié van “hoë wal by die see om water uit te hou”. Die woord het juis nie na die wal vewys nie, maar na die sloot wat gegrawe is om grond te kry om die wal, wat die land teen die see moes beskerm, mee te bou. As ons vandag van ’n kandidaat praat, sou ons nie dink dat dit iemand is wat ’n verpligte wit rok sou moes aanhê nie. Vandag is ’n wurm vir ons ’n klein, kruipende diertjie. Toentertyd kon dié woord na ’n maaier, slang, skerpioen of draak verwys het. Dié boek verskil van ’n tradisionele boek oor die herkoms van woorde (die etimologie) deurdat dit net woorde behandel waarvan die betekenis erg prettig (en skelm) deur die tyd skeefgetrek is.
|
|
|
Meer as een grens In hierdie nuwe roman deur Connie Luyt, skrywer van Lang skaduwees in Afrika, is dit weereens die menslikheid en warmte van die vertellerstem wat mens opval. ’n Liefdesverhaal wat die nadraai van die Grensoorlog in mense se lewens en die skaduwêreld van militêre intelligensie ondersoek. Ben dra nog swaar aan sy ervarings tydens die grensoorlog. Hy glo hy en Alexa het die perfekte verhouding: Sy vra geen vrae oor sy verlede nie en hy vra ook nie oor hare nie. Dan daag ’n ou weermagkennis van Ben op en Alexa verdwyn sonder waarskuwing. Klik hier en koop jou eksemplaar van Meer as een grens nou van Kalahari.com! |
|
|
Die oorlog kom huis toe Seisoen van vervulling is die derde boek in Alta Cloete se Seisoen-reeks. Die verhaal speel gedeeltelik in die Noorweegse winter en gedeeltelik in die hitte van ? Bolandse somer af. Die hoofkarakters, Ben en Emily, is beide sterk persoonlikhede, gevestig in hul onderskeie beroepe en wroeg nie oor dinge waaraan hulle niks kan doen nie. Wanneer hulle mekaar egter in Noorweë vir Wim en Amanda, die hoofkarakters in die voorafgaande Seisoen van vergifnis, se troue ontmoet, is die vonk van ? dekade gelede weer daar. Albei is onwillig om in ? verhouding betrokke te raak, maar laat hulself tog betrek in ? vakansieromanse. Daarby is hulle nie heeltemal eerlik met mekaar nie. Die gevolg is dat Emily teen wil en dank vir Ben bystaan toe sy agterkom hy moet behandeling ondergaan vir testikelkanker, wat hy as ? geweldige verleentheid ervaar (want mans práát gewoon nie oor sulke goed nie), en dat ? baie onwillige Ben later in Suid-Afrika by sy naderende vaderskap probeer aanpas. Die verhaal volg egter nie die ooglopende en maklike pad waar Ben bloot lief raak vir Emily en besluit hy wil eintlik die baba hê nie. Nee, die karakters moet saam die verlies van die baba wat hulle met vrees en later met vreugde ingewag het, hanteer en juis hierin lê die persoonlike groei wat hulle tot nuwe deernis en volwassenheid bring. Klik hier en koop jou eksemplaar van Die oorlog kom huis toe nou van Kalahari.com!
|
|
|
Die pad na jou hart Iets anders! François Bloemhof slaan ’n nuwe rigting in met ’n roman gebaseer op ’n draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle speel in die gelyknamige rolprent en dié pad van liefde het meer as net ’n paar kinkels en draaie. Basson is ’n verwaande jong man wie se pa aan hom ’n lys uitdagende opdragte bemaak as hy die familiebesigheid wil oorneem. Hy het boonop min tyd. Wanneer Basson ’n sorgvrye meisie met haar eie lys onafgehandelde sake ontmoet, gaan sy dinge vir hom makliker of moeiliker maak? Kom vind die antwoord – en jóú ware noord. Klik hier en koop jou eksemplaar van Die pad na jou hart nou van Kalahari.com!
|
|
|
My skatkis van stories & rympies ’n Wonderlike versameling van 145 klassieke stories en rympies vir kinders. Pragtige, kleurvolle prente illustreer dié omvattende versameling dierestories, teddiebeerstories, geliefde sprokies, klassieke feëverhale en tradisionele kinderverse. Hier is ’n storie of ’n rympie vir elke geleentheid, vir voorlees of selflees, vir speeltyd, storietyd of slaaptyd – hier is iets vir elkeen! Met Afrikaans deur Leon Rousseau en sy dogter, Wiesie Rousseau, en met eg-Afrikaanse berymings, deur o.m D.J Opperman, Elizabeth van der Merwe, E.P du Plessis en Willem Versveld, van klassieke kleuterverse. Klik hier en koop jou eksemplaar van My skatkis van stories & rympies nou van Kalahari.com!
|
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.









