Nuwe boeke by LAPA: Mei 2015

  • 0

 

LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie Mei.


Prooi
Fanie Viljoen
ISBN: 9780799375169

Fanie Viljoen het in 2014 twee opspraakwekkende tekste gelewer: Pleisters vir die dooies (oor ’n skoolskieter) en toe Uit (oor ’n gay seun se soeke na aanvaarding). In afgelope twee jaar het sy naam meer as vyftig keer op Nielsen se topverkoperlyste verskyn.

Nou, aan die begin van 2015 is hy terug met ’n groot knal. Prooi, sy eerste volwasse roman beloof weer om die lesers én die kritici regop te laat sit. Prooi is ’n sielkundige riller wat die leser stadig maar seker in sy verleidelike kloue kry ... en voor jy weet, is dit te laat om te ontsnap.

Drie lewens raak onomkeerbaar inmekaar verstrengel: Cody Young, die player, wat met losbandige seks desperaat op soek is na homself; Owen Jooste, die hokvegter, met die drome, woede en jaloesie; en tussen hulle staan Lauren Cooper, die beeldskone verleidster, wat op ’n pad van selfvernietiging beland.

Wie is uiteindelik die jagter, en wie die prooi?


Solitaire
Vita du Preez
ISBN: 9780799375176

Wanneer Donna de Villiers en haar man Divan skei, moet hulle die suksesvolle juweliersonderneming en die huis in Tamboerskloof verkoop, sodat hulle bates verdeel kan word. Haar selfbeeld is aan skerwe weens Divan se verraad. Die eens suksesvolle juwelier, wat pryse vir haar werk losgeslaan het, se skeppingsdrang is daarmee heen.

Sy wil wegkom uit die kringe waarin sy en Divan beweeg het, waar almal nou oor haar vernederende egskeiding skinder. Donna swerf van kusdorp na kusdorp waar sy ontvlugting op haar branderplank en in die arms van surfers vind. Wanneer sy ná amper ’n jaar die allerlaagste punt bereik, besef Donna sy is op ’n pad van selfvernietiging.

Solitaire is die eerste roman in ’n vierluik. Woestynroos is die tweede boek en verskyn in Julie 2015. Die ander twee sal in 2016 verskyn.


Brei saam met Vrouekeur 11: Serpe en sjaals
Christa Swanepoel
ISBN: 9780799374261

’n Splinternuwe nuwe boek, met eietydse patrone net reg vir die winter!

Brei saam met Vrouekeur 12: Manstruie
Christa Swanepoel
ISBN: 9780799374285

’n Warm geskenk vir hom, vir die koue wat kom, kan uit hierdie boek gebrei word.

Brei saam met Vrouekeur 13: Musse
Christa Swanepoel
ISBN: 9780799374278

’n Mens verloor baie hitte deur jou kop, maar met dié boek hoef jou kop nooit koud te kry nie.

Brei saam met Vrouekeur 14: Babatruie
Christa Swanepoel
ISBN: 9780799374292

Of dit nou vir jou eie kabouter is, vir ’n kleinkind of ’n vriendin s’n, hier is iets vir daardie bondeltjie vreugde.

Brei saam met Vrouekeur 15: Meisietruie
Christa Swanepoel

ISBN: 9780799374308

“Ma! Ek het niks om te dra nie!” Ons ken daardie een. Brei iets uniek vir die puntenerige meisiemens in jou lewe.


Sterkos
Marlo Kitshoff-Carstens

ISBN: 9780799374469

Met wie wil die ekonoom Dawie Roodt om ’n tafel kuier? Wat is die pianis Rocco de Villiers se trooskos? Waarmee bederf die sangeres Sonja Herholdt haarself?

Hierdie boek vertel jou alles!

Vrouekeur Sterkos – Kook saam met die sterre vertel ook meer oor gewilde Suid-Afrikaanse bekendes se kosfiemies en koslekkertes; boonop deel en ’n ieder en ’n elk hul gunstelingresep.

Dié boek volg op die suksesvolle kosrubriek “Sterkos” in Vrouekeur. Probeer ’n bietjie resepte soos Pierre Greeff (van Die Heuwels Fantasties) se perfekte braaibroodjie, Tobie Cronjé se glutenvrye koek en Karlien van Jaarsveld se treffertunatert.

Daar’s ’n mengsel van soet en sout, eenvoudig en dekadent. Met dié resepte sal jy ook ’n ster in die kombuis wees!


Diere onder die son 3
Vian Oelofsen

ISBN: 9780799374223

Diere onder die son is ’n heerlike kinderaktiwiteitsboekie, saamgestel uit Vrouekeur se gewilde weeklikse kinderbladsy. Vian Oelofsen is die skepper van hierdie vindingryke aktiwiteite met prettige dierekarakters.


Leer My Lees (2de reeks)
Jose en Reinette Palmer
Illustreerder: Zinelda McDonald
Ouderdom: 5+
Prys: R19.99 elk

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik-geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan klanke soos “eu”, “ie” en “ou” bekend.

Die eerste agt boekies in die Leer my lees-reeks is baie gewild. Die tweede reeks volg op die eerste en stel die leser aan ietwat ingewikkelder klanke bekend.

Elke boek in die reeks bevat:

  • ’n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners;
  • helder, kindervriendelik illustrasies;
  • ’n woordeskatlys, ’n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en ’n bladsy met “voltooi die sinne” gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê.

Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!

Met jare se ervaring in buitengewone onderwys waar kinders met lees- en spelprobleme sukkel om te leer, wil Jose en Reinette Palmer met die Leer my lees-reeks ’n liefde vir lees by kinders kweek. Hierdie leesreeks met sy prettige illustrasies is saamgestel sodat dit nie net pret sal wees om te lees nie, maar ook woordeskat en leesbegrip sal bevorder.

Boeke in die 2de reeks:
1. Tippie en die boom (ISBN: 9780799372779)
2. Tippie en die haas (ISBN: 9780799372786)
3. Tippie en die duur mat (ISBN: 9780799372793)
4. Tippie en die leer (ISBN: 9780799372809)
5. Tippie en die uil (ISBN: 9780799372816)
6. Tippie se neus jeuk (ISBN: 9780799372823)
7. Tippie en die mier (ISBN: 9780799372830)
8. Tippie se kous (ISBN: 9780799372847)
9. Tippie soek ’n boek (ISBN: 9780799375541)
10. Tippie en die braai (ISBN: 9780799375558)


Voorsprong Werkboeke: Afrikaans en Wiskunde
Carrie Lewis
Prys: R29.99 elk

Voorsprong Afrikaans en Voorsprong Wiskunde is die perfekte werkboeke om kinders se geletterdheidvaardighede te help ontwikkel.

  • Elke boekie bevat boeiende aktiwiteite.
  • Elke prettige aktiwiteit is ontwerp om kinders se selfvertroue ’n hupstoot te gee.
  • Daar is duidelike instruksies by elke aktiwiteit.
  • Hierdie boekies is propvol plakkers en nuttige wenke.

Boeke in die reeks:
Voorsprong Afrikaans 4-5 (ISBN: 978-0-7993-7542-8)
Voorsprong Afrikaans 5-6 (ISBN: 978-0-7993-7543-5)
Voorsprong Afrikaans 6-7 (ISBN: 978-0-7993-7544-2)
Voorsprong Afrikaans 7-8 (ISBN: 978-0-7993-7545-9)
Voorsprong Afrikaans 8-9 (ISBN: 978-0-7993-7546-6)
Voorsprong Wiskunde 4-5 (ISBN: 978-0-7993-7547-3)
Voorsprong Wiskunde 5-6 (ISBN: 978-0-7993-7548-0)
Voorsprong Wiskunde 6-7 (ISBN: 978-0-7993-7549-7)
Voorsprong Wiskunde 7-8 (ISBN: 978-0-7993-7550-3)
Voorsprong Wiskunde 8-9 (ISBN: 978-0-7993-7551-0)


Bruid in blou
Thea Holland

ISBN: 9780799375121

Sondagoggend gesels Jess met haar vriendinne oor haar wittebrood wat oor twee weke begin. Haar droomtroue is tot in die fynste besonderhede beplan. Maandagmiddag trou sy in ’n blou rok en met die verkeerde man voor die landdros.


Vyfsterman
Susan Olivier

ISBN: 9780799375138

Teen haar beterwete, is Janie gefassineer deur Darren. Al sy bagasie kan enige verhouding egter kompliseer. En gaan sy swaer hulle verhouding nie ’n vinnige dood laat sterf nie?


Ons twee saam
Louise Minnaar
ISBN: 9780799375145

Hy is aantreklik, dink sy steeds effens onsamehangend. Uiters aantreklik. Die spreekwoordelike "tall, dark and handsome". Amper outomaties kyk sy af na sy linkerringvinger. Geen ring. Sy wil amper lag vir haarself.


Spioen vir liefde
Elsa Hamersma

ISBN: 9780799375152

Katryn word na ’n klein dorpie gestuur om uit te vind waarom Jos, ’n suksesvolle plastiese sjirurg, soontoe verhuis het. Hy sien haar egter aan vir ’n joernalis van ’n skinderblad en beskou haar dadelik as sy aartsvyand.

Besoek LAPA se webtuiste hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top