Nuwe bestuur van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging vir 2017

  • 3

Die nuwe bestuur van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) vir 2017 is tydens die BSV se Algemene Jaarvergadering, prysuitdeling en afsluitingsfunksie in November verkies. 

bsv_650

Voor, van links na regs, Roline Brits (Sekretaresse), Corlietha Swart (BSV-Voorsitter sedert November 2008) en Karen van Vuuren (Tesourier). Agter, van links na regs, Bennie Olivier (Addisionele lid) en Joe Mynhardt (Ondervoorsitter). Amos van der Westhuizen (Gekoöpteerde lid) was uitstedig met die neem van die foto.

BSV-JAARPROGRAM 2017

EERSTE KWARTAAL (11 Januarie – 31 Maart)

Byeenkoms 1

Donderdag 9 Februarie om 19:00

Byeenkoms 2

Donderdag 9 Maart om 19:00

TWEEDE KWARTAAL (18 April – 30 Junie)

Byeenkoms 3

Donderdag 4 Mei om 19:00

Sluitingsdatum: Skrywers 2017-bydraes

Vrydag 12 Mei
[Pinkster 28 Mei – 4 Jun]

Byeenkoms 4

Donderdag 8 Junie om 19:00

DERDE KWARTAAL (24 Julie – 29 September)

Byeenkoms 5

Donderdag 27 Julie om 19:00 (Impromptu)

Slypskool

Saterdag 19 Augustus

Byeenkoms 6

Donderdag 7 Sept. om 19:00

Sluitingsdatum: Bloemskryfselbydraes

Maandag 11 September

VIERDE KWARTAAL (9 Oktober – 6 Desember)

Byeenkoms 7

Donderdag 12 Oktober om 19:00

Algemene jaarvergadering en
Afsluiting 8

Donderdag 9 November om 19:00

 

Foto: verskaf

  • 3

Kommentaar

  • Haai Corlietha, verblydend om te sien dat jy vasknaag aan jou voorneme om die BSV staande te hou. Oral rondom ons hardloop almal soos hoenders sonder koppe om kop bo water te hou in hierdie ongenaakte (IT) lewe wat ons half-verplig is om te lewe. So dis goed om te sien dat daar individue/instansies is wat die waardes op grondvlak nog nastreef. Groete.

    • Corlietha Swart

      Dankie vir jou bemoedigende woorde, Hannes! Ons kan maar net bly probeer ... Die BSV is immers al sedert 1970 'n bekende en geborge hawe waar skrywers in die alledaagse geroesemoes (waarna jy verwys) vir 'n wyle hul ankers kan uitgooi om tussen skrywersvriende hul kreatiewe skryfkunstalent te ontgin en te ontwikkel. Dit bied vir my persoonlike bevrediging om te sien hoe Afrikaans homself bly uitpresteer as veral die skryfwedstryd se skole-inskrywings bly gedy (tweede meeste inskrywings ooit in 2016) - en dit ten spyte van grootskaalse gedwonge afskaling van die taal in die tersiêre sektor en elders. Mense, ook jongmense, wil graag kreatief skryf in Afrikaans, en dis waar die BSV 'n belangrike rol het om te vervul ...

  • Estelle Diederiks

    Goeie dag, ek wil graag hoor of die organisasie weer vir 2018 n skryfkompetisie gaan loods soos in die verlede. Asook die besonderhede daaromtrent. Baie dankie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top