Nuut by NB-Uitgewers dié Junie:
Stoffel in Afrika, The War for South Africa: The Anglo-Boer War: 1899-1902 , Roer!, Matie Brink se Potjiekos, Speurhond Willem op reis en Young Blood
Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!
Stoffel in Afrika Die vyfde boek oor die wel en wee van Stoffel Mathysen – veldkenner, bewaringskundige en safarileier. Al woon en werk hy steeds in Namibië, skryf hy hier ook oor nuwe ervarings: die gorillasafari’s wat hy lei in Uganda en Rwanda. Dit neem hom tot in die hart van die ware, ongetemde Afrika. Klik hier en koop jou eksemplaar van Stoffel in Afrika nou van Kalahari.net! |
|
The War for South Africa: The Anglo-Boer War: 1899-1902 In sy beskrywing van die verloop van die Anglo-Boereoorlog integreer gerekende historikus Bill Nasson die militêre, politieke en sosiale dimensies daarvan. Hy ondersoek voorts hoe die oorlog onthou en herdenk word in postapartheid-Suid-Afrika. |
|
Die beste resepte uit die suksesvolle televisieprogram Roer! op kykNET. Met pragtige foto’s van die kos, kunstenaars en die mooie Tammy-Anne Fortuin. Kuier saam met sterre soos Theuns Jordaan, Amy Kleynhans, Steve Hofmeyr, Sasha-Lee, Heinz Winckler, Corné Krige, Kobus Wiese, en die geliefde Evita. Klik hier en koop jou eksemplaar van Roer! nou van Kalahari.net! |
|
Matie Brink se Potjiekos Potjiekos kraai steeds koning in Suid-Afrika. Dis immers een van die maklikste maniere waarop jy gaste om ’n vuur kan onthaal. Hier is die beste resepte van Matie Brink, die geliefde potjiekoskoning van Paarl, uiteindelik in een band byeengebring uit sy vorige vier boeke. Ook in Engels beskikbaar as Potjiekos – Best of Matie Brink. Klik hier en koop Matie Brink se Potjiekos nou van Kalahari.net! |
|
Speurhond Willem op reis Adriaan is ’n valerige seun en nie uitermate goed in enigiets nie. Maar sy hond, Willem, is ’n speurhond, ’n superspesiale geheime agent-hond. In dié boek gaan hulle na Istanboel. Maar die speurtog lei hulle ook na Venesië, Parys en Amsterdam. Uiteindelik kan Willem sy geheime sending afhandel, en hulle avonture eindig in Engeland. En dit terwyl Adriaan se ouers dink dat hy op ’n sokkertoer is … Klik hier en koop Speurhond Willem op reis nou by Kalahari.net! |
|
Young Blood Sipho word groot in Umlazi in Durban. Op soek na ’n beter leefstyl raak hy betrokke by ’n groep motordiewe. Maar dan besef hy dat hy sy nuwe loopbaan heeltemal onderskat het. Seventeen-year-old Sipho is a “young blood”, a young man caught up in a world of money, booze and greed. He lives in Umlazi, Durban, and helps out at his father’s mechanic shop during the day. Pretty soon Sipho’s love for fast cars and fast money leads him into a life of crime that brings him close to drugs, and time in prison. |