Nuut by NB-Uitgewers dié Julie:
Die begunstigde, Lig wankelend, Die honger reisiger: Reisverhale met resepte , The War for South Africa: The Anglo-Boer War (1899-1902), Rondomtalie: Stories deur Afrikaanse kunstenaars en Soek-soek op soek
Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!
|
’n Man wat ná ’n geestelike ineenstorting nie sy verlede kan herroep nie, wil hom by die nuwe eutanasie-kliniek aanmeld. Maar ’n advertensie wat hy sien, lei hom uiteindelik na ’n vreemde bestemming – ’n geheime byeenkoms met gemaskerde feesgangers – en na gebeure wat verreikende gevolge het. ’n Verbluffende sielkundige riller. Klik hier en koop jou eksemplaar van Die begunstigde nou van Kalahari.net! |
|
|
In hierdie aangrypende roman dink Alzheimer-lyer Utte Reuter terug aan die liefde en die aard van haar lewe. Aan die swaels en walvisse en Tierkop, die lindeboom in die agtertuin van haar Leipzig-huis, aan Christiaan en haar seuns. En aan Felix wat altyd maar agter ’n venster vir haar staan en wag … Klik hier en koop jou eksemplaar van Lig wankelend nou van Kalahari.net! |
|
|
Die honger reisiger: Reisverhale met resepte Die honger reisiger is propvol staaltjies en amusante waarnemings oor die reise wat Marié Heese en haar sielsgenoot-man, Chris, na eksotiese lande onderneem het. Elke hoofstuk eindig met ’n resep, en dis niks besonder uitheems of lastig om te maak nie. Dis sielskos, trooskos, kuierkos. |
|
|
The War for South Africa: The Anglo-Boer War (1899-1902) Die gerekende historikus Bill Nasson ondersoek die militêre, politieke, sosiale en kulturele dimensies van die Anglo-Boereoorlog en trek parallelle tussen hierdie konflik en die inval in Irak en Afganistan 100 jaar later. Internationally published historian Bill Nasson weaves together the military, political and cultural dimensions of the Anglo-Boer War. He also compares this conflict with the invasion of Iraq and Afghanistan 100 years later. Well-known for his engaging historical prose, Nasson provides a gripping overview of the war. Klik hier en koop The War for South Africa: The Anglo-Boer War (1899-1902) nou van Kalahari.net! |
|
|
Rondomtalie: Stories deur Afrikaanse kunstenaars ’n Pragtige versameling stories oor feetjies, kabouters, skoenlappers, Klaasvakie, Husse met lang ore, ’n hanswors, ’n draakvlieër, ’n wolhaarstorie, ’n mol, en vele meer. Deur bekende kunstenaars soos Nataniël, Koos Kombuis, Charlene Truter, Vicky Davis, Lucas Maree, ea. Meesterlik deur Rosalind Stockhall geïllustreer. Klik hier en koop Rondomtalie: Stories deur Afrikaanse kunstenaars nou by Kalahari.net! |
|
|
Soek-soek op soek Die mensman sit vreemde bruin pille vir die kabouters se aartsvyande, die muise, neer, en die kabouters sien hoedat hulle dié pille begin bymekaarmaak as winterkos. Moet Soek-soek die muise waarsku dat die pille eintlik giftig is, of moet hy hulle laat begaan? “Een van Steenberg se uitstaande kinderverhale” – Betsie van der Westhuizen. |







