Nuut by NB-Uitgewers dié Augustus:
Afstande, Die besoeker , Belladonna, Prima Donna , Wolfgang Amadeus Muis , Huisgenoot Bakboek en 60 Dae in die Suid-Soedan
Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!
|
Afstande is ’n aksiebelaaide reisavontuur vol ontdekkings, uiterste ervarings en hand-tot-hand-gevegte. Hierdie avontuur, wat in die jaar 401 vC begin, is ’n uitmergelende voorstelling van een van die merkwaardigste militêre veldtogte in die antieke geskiedenis. ’n Verhaal van verraad en broedermoord met kleurvolle karakters soos waarsêers en hekse, fanatiese profete en voetsoldate wat leef van varkbloed en asyn. Klik hier en koop jou eksemplaar van Afstande nou van Kalahari.net! |
|
|
’n Meesleurende roman oor ’n jong vrou wat verkeerde besluite neem en uiteindelik, danksy ’n beskermengel op haar pad, die geleentheid gegun word om weer te begin. Liefhebbers van Anchien Troskie se top-verkopers Dis ek, Anna en Nooit is ’n lang, lang tyd sal verheug wees oor dié splinternuwe roman. Klik hier en koop jou eksemplaar van Die besoeker nou van Kalahari.net! |
|
|
Belladonna, Prima Donna In ’n operahuis was daar eenmaal ’n meisiemuisie wat ’n groot droom gehad het: sy wou in ’n opera optree. Van al die operas wat al daar opgevoer is, het sy elke noot en elke woord geken. Sy het net nie van ’n opera geweet waarin ’n muis ’n rol het nie. Klik hier en koop jou eksemplaar van Belladonna, Prima Donna nou van Kalahari.net! |
|
|
Wolfgang Amadeus Muis Die verhaal van die haarlose klein babamuisie wat een aand heel toevallig die naam Wolfgang Amadeus gekry het. Maar dit was dieselfde aand dat die Wonderwerk (Oupa se stel valstande, maar dit weet die muise natuurlik nie!) tussen die muise opgedaag het, en Wolfgang Amadeus sy talent in die lewe ontdek het. Klik hier en koop Wolfgang Amadeus Muis nou van Kalahari.net! |
|
|
Huisgenoot Bakboek Huisgenoot en Suid-Afrika se vertroude kookboekskrywer, Carmen Niehaus, het saamgewerk aan dié bakboek van alle bakboeke – prakties, bruikbaar en met pragtige foto’s. Met meer as 200 resepte vir gebak en meer as 30 vir versiersels en vulsels, elkeen getoets in die Huisgenoot-kombuis, strek die inhoud van tradisioneel tot nuut en innoverend. |
|
|
60 Dae in die Suid-Soedan Franz Kemp, gewese redakteur van Huisgenoot, aanvaar ’n werkaanbod om ’n TV-stasie in die hoofstad van Suid-Soedan aan die gang te help kry deur die daaglikse nuusbulletin op te stel. Dis makliker gesê as gedaan, want Juba is “die gatkant van die wêreld”. En Kemp is maar ’n kwasterige man … Klik hier en koop 60 Dae in die Suid-Soedan nou van Kalahari.net! |







