Nuut by NB-Uitgewers

  • 0

Nuut by NB-Uitgewers dié Februarie:

Die beginsel van stof , Manage Your Money, Live Your Dream , Met koffer en kaart , Een glas dooswit, asseblief? , Wat die oog gesien het en Die groot gedagte

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Human & Rousseau
ISBN:
9780798152211
Prys: R170

Die beginsel van stof
Breyten Breytenbach

Die tema van verganklikheid en oudword is sentraal in Breytenbach se nuwe digbundel, en word hanteer met ’n aangrypende deernis vir die mens se vreemde lewensverlope. Maar ook, altyd, die taal: “die dood is om nooit weer dors te word nie/ my liefling taal”. Een van dié ikoniese digter se sterkste bundels nog – ryk, aangrypend, ’n testament vir Afrikaans.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Die beginsel van stof nou van Kalahari.net!


Uitgewer:

Tafelberg
ISBN:
9780624049272
Prys:R165

Manage Your Money, Live Your Dream
Sunél Veldtman

Gawe meisies praat nie oor geld nie … Gevolglik sukkel baie vroue om hul geldsake só te bestuur dat hulle hul drome kan waar maak. Hier is ’n gids met praktiese, eenvoudige raad oor geldsake.

A wise, fun and practical guide, written for the average “finance-illiterate” woman.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Manage Your Money, Live Your Dream nou van Kalahari.net!

Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798152549
Prys: R165

Met koffer en kaart
Helena Gunter

Op ’n plakkaat in ’n Londense moltreinstasie vra ’n wildtuinleeu: “Want to shift your boundaries?” en belowe dan: “Come to Africa.” Daar word in hierdie verhale inderdaad oor grense heen verken, maar die reisiger staan telkens uitgelewer. Deurleefde menslikheid, verweefdheid, ironie. Gunter se debuutbundel Op ’n plaas in Afrika is met die Eugène Marais-prys bekroon.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Met koffer en kaart nou van Kalahari.net!

Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798151832
Prys: R165

Een glas dooswit, asseblief?
Linette Retief

Linette Retief, bekroonde advertensie-kopieskrywer, steek haar trots in haar sak en betree die wêreld van skuldberading. Sy maak ook nadere kennis met twee-minuut-noedels … ’n Aksie-avontuur waar Linette as enkelma-verbruiker haar vrou teen verbruikerslandmyne moet staan. Nie net hoogs vermaaklik nie, maar ook prakties en vol nuttige wenke.

Klik hier en koop Een glas dooswit, asseblief? nou van Kalahari.net!

Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798152563
Prys:R170

Wat die oog gesien het
Christine Barkhuizen le Roux

Hierdie kortverhale skets mense en hul onderlinge afhanklikheid met deernis en humor. Sommige verhale speel af op plase en plattelandse dorpe, terwyl ander onverwagte eendersheid in vreemde lande ontdek. Die vrou van ’n plaaswerker se gelatenheid dwing haar werkgeefster tot nuwe begrip. ’n Turkse seuntjie wys ’n Westerse vrou sy pa se kosbare Koran.

Klik hier en koop Wat die oog gesien het nou by Kalahari.net!

Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624048930
Prys: R220

Die groot gedagte
Gideon Joubert

Die groot gedagte, die eerste omvattende Afrikaanse kosmologie-boek, het sedert publikasie meer as 30 000 eksemplare verkoop. Nou stel hierdie bygewerkte uitgawe weer die jongste kennis oor die kosmologie in Afrikaans beskikbaar, in maklik verstaanbare en leesbare taal. Omstrede vraagstukke soos die verband tussen die oerknal-teorie en die Bybel word ook aangeroer.

Klik hier en koop Die groot gedagte nou van Kalahari.net!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top