Nuut by NB-Uitgewers dié Mei:
Wals met Matilda, Bloedgrond, Om te mag twyfel: ’n Gelowige se reis, Grape: Stories of the Vineyards in South Africa, Tweetalige sakwoordeboek | Bilingual Pocket Dictonary en Kampvuurstories
Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!
|
Koos van der Merwe was eens een van Goeie Hoop Uitgewers se topskrywers, maar vir jare al wag sy uitgewer vergeefs op nuwe werk. Die uitgewery speel sy troefkaart: Carelina van der Merwe is een van die mees inspirerende redakteurs en die een mens wat nuwe lewe in Koos se loopbaan sal kan blaas. Koos gooi wal, maar uiteindelik begin hy vertel, en al vertellende word sy skermutseling ’n dans, die lewe-dood-dans wat skrywers met die muse dans. Klik hier en koop jou eksemplaar van Wals met Matilda nou van Kalahari.net! |
|
|
Grondeise tref die gemeenskap van Nieu-Skotland in Mpumalanga. Almal is op hol: die stadskind Erin wat haar familie ondersteun, oudsoldaat Andrew Buchanan wie se gesin wreed uitgemoor is, die plaasadel-MacFarlanes, wrokkige werkers met verbintenisse in hoë plekke – en sersant Elsie Redelinghuys, wat nie nonsens vat nie. Dan word ’n bekende boer vermoor. Is dit ’n “gewone plaasmoord”? Klik hier en koop jou eksemplaar van Bloedgrond nou van Kalahari.net! |
|
|
Om te mag twyfel: ’n Gelowige se reis ’n Boek vir mense wat nie elke dag ewe goed glo nie, vir wie geloof nie altyd maklik kom nie en wat nie hul geloof kan aanbied as prestasie nie. Die teoloog Julian Müller vra die ongemaklike vrae waarmee denkende gelowiges gekonfronteer word aan die hand van sy boeiende lewensverhaal. Netelige geloofsvrae op ’n reguit en eerlike manier getakel. Klik hier en koop jou eksemplaar van Om te mag twyfel: ’n Gelowige se reis nou van Kalahari.net! |
|
|
Grape: Stories of the Vineyards in South Africa Die stories van die uiteenlopende mense wat oor die eeue die grond bewerk, die druiwe geoes en die wyn gemaak het. Die lewensverhale agter Suid-Afrika se wynbedryf word kleurryk in vars, leesbare trant vertel. Fresh and quirky, Grape is the gripping story of the people behind wine-making in South Africa. It tells the stories of real people, from slaves and farm workers to “new money” millionaires. Wide-ranging and provocative, it touches on issues like climate change, alcoholism on farms, organic farming and the role of wine in our economy. Klik hier en koop Grape: Stories of the Vineyards in South Africa nou van Kalahari.net! |
|
|
Tweetalige sakwoordeboek | Bilingual Pocket Dictonary Die nuwe, nuttige Tweetalige Sakwoordeboek bevat byna 35 000 frekwente woorde in Afrikaans en Engels. Woordsoorte en fleksievorme word aangedui; etikette en gebruiksleiding help gebruikers om die gepaste vertaling vir ’n woord te kies. This brand new, pocket-sized dictionary now contains almost 35 000 of the most frequently used words in both Afrikaans and English. Entry words are printed in blue; the part of speech for each entry word is provided; inflected forms are indicated; labels and context guidance assist users to find the correct translation. Klik hier en koop Tweetalige sakwoordeboek | Bilingual Pocket Dictonary nou by Kalahari.net! |
|
|
Kampvuurstories ’n Bundel verhale wat dateer uit die tyd toe jagters, trekboere en soldate saans om die kampvuur stories vertel het om hulself mee te vermaak en die tyd te verwyl. Spookstories was aan die orde van die dag, asook ’n paar dramatiese en deernisvolle verhale van dapperheid, ontbering en vriendskap. Jonk en oud sal dit geniet. |







