Nuut by NB-Uitgewers dié April:
Hoogty, Fabels van Esopus, Gesprekke met merkwaardige mense, Spookskip, Smul en spaar en Klein Kook & Geniet
Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!
|
Helena Burre volg haar eie kop, nes haar skipperpa, Jas. Wanneer dié oënskynlik ’n stokkie steek voor haar broer se skoolganery op Stellenbosch, besluit Helena om inderhaas terug te keer Volleminkbaai toe. Hoogty is ’n splinternuwe roman deur E Kotze, kenner van mense, van die see, en van die troebel en helder waters waardeur verhoudings gaan … Klik hier en koop jou eksemplaar van Hoogtynou van Kalahari.net! |
|
|
Fabels van Esopus ’n Muisie red ’n magtige leeu se lewe; lui Sprinkaan kry geen simpatie by die flukse miere nie; slim Jakkals bedrieg Klipspringer om die dood vry te spring – maar word dan deur die haan en die hond uitgevang. Sestien van Esopus se wyse, gevatte en tydlose fabels word vir die eerste keer teen die Afrika-agtergrond uitgebeeld. Klik hier en koop jou eksemplaar van Fabels van Esopus nou van Kalahari.net! |
|
|
Gesprekke met merkwaardige mense ’n Keur uit die rubriek “Oop kaarte” vir Die Burger, waar plaaslike groot name ’n kans kry om hul sê te sê in gesellige gesprek. Met Murray La Vita se fyn oog vir die besonderhede van hul lewens word ’n vars blik op ons uitblinkers en celebs gegee. Klik hier en koop jou eksemplaar van Gesprekke met merkwaardige mense nou van Kalahari.net! |
|
|
Spookskip Twee seuns ontdek ’n glasbotteltjie in ’n winkeltjie vol seevaartaandenkings in Houtbaai. Die eienaardige rooi gloed en die vreemde klomp syfers wat een nag uit die botteltjie stroom, verander hulle ietwat vervelige vakansie by ouma en oupa eensklaps in ’n opwindende avontuur! Klik hier en koop Spookskip nou van Kalahari.net!
|
|
|
Hierdie boek is gebore uit ’n ma se begeerte om haar seuns te help oorleef as hulle die dag hul eie potjie moet krap. Dit bied praktiese kombuiswenke; 122 vinnige, eenvoudige en meestal ekonomiese resepte en planne vir kuierkos. Smul en Spaar sal byval vind by enige minder ervare of platsak-kok. |
|
|
Klein Kook & Geniet Kook en geniet se kleinsus is perfek vir beginners van álle ouderdomme! Die immergewilde kookgids is terug met ’n nuwe verpakking en is steeds ideaal vir elkeen wat begin kook en bak. Dit bevat meer as 50 smulresepte vir alle ouderdomme, spesiaal uitgesoek en getoets. Elke metode word stap vir stap met behulp van volkleurfoto’s verduidelik. Leer kook met Klein kook en geniet, en jy sal met selfvertroue dieselfde basiese metodes kan toepas om enige resep te maak! Ook in Engels beskikbaar as Cook & Enjoy for Kids. |







