Nuut by NB-Uitgewers dié Maart:
Die reuk van koffie, Tweetalige Sakwoordeboek / Bilingual Pocket Dictionary, Wanpraktyk, Visums by verstek, Onversadig en Die avonture van Alice in Wonderland
Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!
|
Die reuk van koffie Met ’n styl wat verbysterend kan wissel tussen erns en luim, tussen Algemeen-Beskaafde en pavement-special Afrikaans, takel hierdie kulturele guerrilla die Suid-Afrikaanse, en veral Afrikaanse, sake van die dag. Die versameling is gekies uit rubrieke in koerante (meestal Rapport), artikels in tydskrifte en op webwerwe en sy blogs, en sluit onderwerpe in so verskillend soos Kombuis se groot rugbygeheim, ’n liefdesverklaring aan Stellenbosch, ruminasies oor bekende persoonlikhede van Kurt Darren tot Eugène Terre’Blanche, kleintydherinneringe aan Hartenbos-vakansies, skouers skuur met politici al dan nie, en die eerste dag van sy menopouse. Skerp, slim, satiries. Klik hier en koop jou eksemplaar van Die reuk van koffie nou van Kalahari.net! |
|
|
Tweetalige Sakwoordeboek / Bilingual Pocket Dictionary Gawe meisies praat nie oor geld nie … Gevolglik sukkel baie vroue om hul geldsake só te bestuur dat hulle hul drome kan waar maak. Hier is ’n gids met praktiese, eenvoudige raad oor geldsake. A wise, fun and practical guide, written for the average “finance-illiterate” woman. |
|
|
Argitektuur speel ’n belangrike rol in hierdie digbundel: die ontwerp van geboue en die konkrete bouwerk wat daarop volg. Die weerloosheid van menswees, die blootstelling aan ruwe emosionele werklikhede en die mens se poging om hom teen aanslae soos die letsels van liefdesverlies en die wreedheid van die samelewing te verweer, word ook ondersoek. Klik hier en koop jou eksemplaar van Wanpraktyk nou van Kalahari.net! |
|
|
Visums by verstek Hierdie keur uit die digter se reisverse lewer bewys van haar verstommend ruim verwysingswêreld en plaas die fokus op die mens as reisiger, sowel uit eie wil as teen wil en dank. Die bundel doen verslag oor reisindrukke, maar die bestemming is telkens die ruimte vir emosionele en rasionele verwerking van menslike ervaring. Klik hier en koop Visums by verstek nou van Kalahari.net!
|
|
|
TT Cloete verwoord hier op tegnies vernuftige wyse die onvermoë van die mens om die misterie van die skepping en sy eie bestaan te deurgrond. Hy slaag daarin om iets van die wonder vas te vang sonder om die enigma tot ’n eenduidige slotsom of “betekenis” te reduseer. Daar is ook intieme verse oor die onlangse verlies van ’n lewensmaat. |
|
|
Die avonture van Alice in Wonderland Dié klassieke verhaal van Alice neem jou op ’n holderstebolder, humoristiese reis saam met ons onverskrokke klein heldin. Sy ontmoet die Cheshirekat, Die Hertogin, Die koning en koningin van Harte, die Wit Konyn, die Hoedemaker en die Paashaas, die Kammaskilpad, die Griffioen, en vele meer. Lieflike illustrasies vul die teks aan. Klik hier en koop Die avonture van Alice in Wonderland nou van Kalahari.net! |







