Nuut by NB-Uitgewers dié Maart:
God? Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles, Go'el Yisra'el, Lot se vrou, Die water wat verby is, Emma en die Geheime Gang en Die Waterding
Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!
|
God? Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles Bestaan God? Is evolusie versoenbaar met geloof? Is ons enigste redding deur Jesus? Wetenskapkenner George Claassen en emeritus predikant dr. Frits Gaum vra dié en ander pertinente vrae aan ’n uitgesoekte groep gelowiges én ongelowiges. Bydraers soos Christina Landman, Antjie Krog, Breyten Breytenbach en Cecile Cilliers verras met openhartige en soms omstrede antwoorde. | |
|
|
Go’el Yisra’el Dis Januarie 2010 en Marc en Henok is in Pole vir Bevrydingsdag. Rivkah het enkele dae vantevore teruggekeer uit Haïti waar sy as paramedikus deel was van MADA, Israel se Rooikruis, se noodreddingsoperasie ná die aardbewing. Marc kan nie van die gevoel ontslae raak dat daar groot fout is met Rivkah nie – sy het vreemd opgetree toe hy en die seuntjies haar op die lughawe gaan haal het. Wat steek sy weg? Klik hier en koop jou eksemplaar van Go’el Yisra’el nou van Kalahari.net! |
|
|
Stiltes in herinneringsverse en nostalgiese verse, word afgewissel met verse wat die stilte verskeur. Die digter kla die digter aan, sy haal haar af en sy verraai haar: die digter is die kitaarspeler en “sal alles doen en selfs verraai, net dat ’n nuwe deuntjie in my draai” (D.J. Opperman). Selde nog het Hambidge die “gevaarlike woord” so onverskrokke hanteer. Klik hier en koop jou eksemplaar van Lot se vrou nou van Kalahari.net! |
|
|
Die water wat verby is Twee afgetrede akademici, wat as letterkundedosente en -kritici bekendheid verwerf het, laat vir die eerste keer ’n eie bundel kortverhale die lig sien. Sommiges skryf hulle saam; ander apart. Daar is verhale oor mense van toe en van nou, maar almal vorm saam ’n merkwaardig geïntegreerde geheel wat groter is as die som van sy onderdele. ’n Besonder boeiende bundel. Klik hier en koop Die water wat verby is nou van Kalahari.net!
|
|
|
Emma en die Geheime Gang Toe Emma en Janine se kamermaats skielik siek word en in die siekeboeg opgeneem word, vermoed hulle dadelik onraad. Toe hulle besluit om ondersoek in te stel, verdiep die raaisel van die kinders se verdwynings. Wat maak die hoof van die koshuis in die middel van die nag in die laboratorium? ’n Lekker grillerige speurstorie vir jong lesers. Klik hier en koop Emma en die Geheime Gang nou by Kalahari.net! |
|
|
Die Waterding Dit is weer vakansie op Bloubaai. Maar dié sorgvrye tydjie loop ontsettend verkeerd vir Stefan en Lana – en hulle moet baie vinnig antwoorde op ’n paar tergende vrae vind. Wat steek die vervalle ou houthuis aan die voet van die krans weg? Wat het die vrou op die strand so bang gemaak? Wat is die geheimsinnige Bart se rol in die gebeure? En wat is die raaisel van die Ding? |







