Nuut by NB-Uitgewers dié September:
Die Afrikaanse Kortverhaalboek , Storieman Omnibus 1, Restless Nation: Making sense of troubled times, Die einde van die wêreld en hoe om dit te oorleef, Madeliefies van staal en Blywende woorde
Klik op ’n boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!
|
Die Afrikaanse Kortverhaalboek Die sewende hersiene uitgawe van hierdie bekende bloemlesing sluit 133 verhale van 81 skrywers in. Die chronologiese volgorde, wat oor ’n tydperk van byna 120 jaar strek, gee ’n goeie oorsig van die ontwikkeling van hierdie genre in Afrikaans. Die ideale geskenk vir iemand wat belangstel in die stand van die Afrikaanse literatuur of sommer net enigeen wat van boeiende verhale hou. Klik hier en koop jou eksemplaar van Die Afrikaanse Kortverhaalboek nou van Kalahari.net! |
|
|
Storieman Omnibus 1 Die Storieman-reeks wat in die 1980’s deur Leon Rousseau uitgegee is, was ongetwyfeld een van die grootste kinderboeksuksesse van ons tyd. Hierdie omnibus-uitgawe is ’n versameling van die mooiste en gewildste plaaslike en feëverhale uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CD’s in. Kom luister saam na geliefde verhale soos “Besie”, “Van Hunks en sy pyp” en “Wolraad Woltemade”, asook na die klassieke “Brolloks en Bittergal” en “Jakkals en Wolf”-stories. Hier is ook feëverhale soos “Die drie varkies” en “Gouelokkies” om weer van nuuts af te betower! Klik hier en koop jou eksemplaar van Storieman Omnibus 1 nou van Kalahari.net! |
|
|
Restless Nation: Making sense of troubled times Die bekende politieke kommentator William Gumede takel brandende kwessies in dié versameling rubrieke: swart ekonomiese bemagtiging, swak leierskap, die bedreiging van ons demokrasie en meer. Hy skroom nie om die probleme en hul oorsake by die naam te noem nie. ***
Our rainbow nation has become a restless nation.Citizens are faced with corruption, poor service delivery and attacks on the constitution.William Gumede provides a powerful call to action as he tackles these and other pressing issues in this collection of his best recent writing – including pieces that have never been published in South Africa. |
|
|
Die einde van die wêreld en hoe om dit te oorleef Die Maja-kalender sê ons einde kom in 2012 … Maar daar is al oorgenoeg ánder eindes vir die wêreld voorspel. Johannes Bertus de Villiers ondersoek die profesieë van Nostradamus en die Maja-kultuur, ons onstuimige son, natuurrampe, meteoriete en eindvisies eie aan Suid-Afrika. Jy kan oorleef – vind uit wat om te doen in die eerste vyf minute ná die groot ramp.
Klik hier en koop Die einde van die wêreld en hoe om dit te oorleef nou van Kalahari.net!
|
|
|
Madeliefies van staal Die opvolg op Vier begrafnisse en ’n troue. Lucy Jordan-Douglas en Ashwin Douglas is in die wolke oor haar swangerskap, maar ná twee miskrame moet sy sorg dat sy alle emosionele ontsteltenis vermy. Dis makliker gesê as gedaan, veral met die dood van Eddie Stamper – dief en skollie en ongelukkig haar swaer. Cheryl Douglas is lief vir blieng en is op soek na ’n bietjie maklike romanse, maar moet sy nou regtig soveel paddas soen voor sy haar prins ontmoet? ’n Plek-plek makabere en satiriese roman, maar steeds baie menslik en heerlik leesbaar. Klik hier en koop Madeliefies van staal nou by Kalahari.net! |
|
|
Blywende woorde Blywende woorde is ’n dagstukkieboek met 90 oordenkings wat gebaseer is op aanhalings deur bekende vroue soos Elize Parker, Helene de Kock, Christine Ferreira, Marzanne Leroux-van der Boon en Milanie Vosloo. Vroue sal bemoedig word deur die woorde van hierdie besonderse vroue wie se lewens getuig van hul Christenskap. Geïnspireer deur vroue se geloof en hul verhouding met Christus. |







