Nuut by NB-uitgewers

  • 0

Nuut by NB-Uitgewers dié Februarie:

Agter die skerms , Die eerste siklus , Briewe aan my kinders , Kelder, Skryf Afrikaans van A tot Z: ’n Essensiële gids vir taalgebruikers en Jesus Christus en ons lewe in Hom

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Tafelberg
ISBN:
9780624054443
e-ISBN:
9780624058076
Prys: R165

Agter die skerms
Christo Gerlach

Christo Gerlach het roem leer ken as ’n akteur in klassieke televisiereekse soos Sterretjie en Piet-my-vrou. Meer onlangs het hy agter die kameras ingeskuif as vervaardiger en regisseur van Idols, Glitterati en Tonge Los. Gerlach vertel alles: sy verslawings aan kokaïne en slaappille, verhoudings wat skipbreuk gelei het, en al die geskinder van ’n lewe voor – én agter – die skerms.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Agter die skerms nou van Kalahari.net!


Uitgewer:

Human & Rousseau
ISBN:
9780798156271
e-ISBN:
9780798158848
Prys: R295

Die eerste siklus
Etienne Leroux

Die eerste lewe van Colet (1955), ’n ontwikkelingsroman, Hilaria (1957) die vervolg daarop, en Die mugu (1959), ’n satiriese reisverhaal, is die eerste keer in samehangende geheel in 1986 gepubliseer. Die romans vorm die eerste siklus “in die groter siklus-in-wording wat Etienne Leroux se werk in wese is”, soos Elize Botha dit beskryf, en vestig reeds die patroon van mitiese parallelle.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Die eerste siklus nou van Kalahari.net!

Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624052784
Prys: R120

Briewe aan my kinders
Jonathan Jansen

Eers was die raad net bedoel vir Jonathan Jansen se eie kinders wat op die punt van volwassenheid gestaan het. Maar dié stukkies wysheid het gou versprei na die studente van die Universiteit van die Vrystaat – en toe nog verder na Jansen se duisende volgelinge op Facebook en Twitter. ’n Bundel met outydse raad, geskryf in ’n 21ste eeuse formaat, wat aanklank sal vind by oud en jonk.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Briewe aan my kinders nou van Kalahari.net!

Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624054313
e-ISBN:
9780624054320
Prys: R195

Kelder
Gerda Taljaard

Gerda Taljaard volg haar sprankelende romandebuut, Engel in die hoenderhok, op met ’n roman wat veel dieper delf. Dit is die verhaal van drie vroue wat jare uitmekaar gelewe het, maar verbind word deur drie dinge: ’n bemoeienis met mekaar se verhale, ’n aweregse lewensuitkyk en ’n donker, donker geheim.

Klik hier en koop Kelder nou van Kalahari.net!

Uitgewer:
Pharos
ISBN:
9781868901128
Prys: R350

Skryf Afrikaans van A tot Z: ’n Essensiële gids vir taalgebruikers
Dalene Müller & Sebastian Pistor

Sedert hierdie naslaanbron in 2003 verskyn het, was dit ’n topverkoper onder taalpraktisyns en -gebruikers. In die heruitgawe is alle feite in die twee bestaande dele van die boek nuut bygewerk, en is ’n derde deel oor die praktyk van professionele en wetenskaplike teksversorging ingesluit.

Klik hier en koop Skryf Afrikaans van A tot Z: ’n Essensiële gids vir taalgebruikers nou by Kalahari.net!

Uitgewer:
Lux Verbi
ISBN:
9780796312600
e-ISBN:
9780796315571
Prys: R129.95

Jesus Christus en ons lewe in Hom
Johan Malan

Jesus Christus en ons lewe in Hom is ’n sistematiese, evangeliese leerstelling oor die Persoon en werke van die Here Jesus. Die skrywer wil gelowiges help om aan die hand van beter kennis weerstand te bied teen die stygende vloedgolf van teologiese dwalinge oor wie Jesus Christus werklik is. Hy wil lesers ook help om die ware Christus van die Skrifte te ontmoet, as hulle Verlosser aan te neem, en ’n persoonlike verhouding met Hom op te bou.

Hoofstuktitels is onder meer: God wat mens geword het; Liefde as ’n lewensbeginsel; Opdragte en beloftes en Die Koning wat weer kom.

Klik hier en koop Jesus Christus en ons lewe in Hom nou van Kalahari.net!

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top