Nuut by LAPA Uitgewers

  • 0

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!

Klik en koop

Avontuurgids van Suid-Afrika
Jacques Marais
ISBN: 9780799351767
Prys: R290,95

Jou gids tot avonture in Suid-Afrika

Die Avontuurgids van Suid-Afrika is jou handleiding tot al die sport- en ontspanningsopsies wat net buite jou nege-tot-vyf landskap op jou wag. Die boek dek verskillende grade van ekstreem-aktiwiteite en die keuse van watter aktiwiteit hang van elke individuele deelnemer af – die een ou se klim is die ander se hartaanval. Met meer as ’n 1000 avonture behoort jy vir ’n ruk lank vasgenael binne die blaaie van dié avontuurgids te bly. 

Bergfietsry, veldwedlope, rotsklim, kanovaart, grotverkenning, valskermspring, mikrovlieg, rekspring, brugswaai, bakkie-ski, bergklim, wildvang, perdry-safaris - die lys is oneindig.  Die boek is gebruikersvriendelik met ’n alfabetiese indeling volgens provinsies en streke en bevat al die inligting oor die nuutste avonture.  

Die Avontuurgids van Suid-Afrikaisby toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Klik en koop

Die Kamer Langsaan
Annemari Coetser

ISBN: 9780799355147
Prys: R179,95

Die Kamer Langsaan

Ná ’n uitval pak Donné haar tas en stuur vir haar man ’n e-pos om te sê hy moenie na haar kom soek nie. Sy huur ’n meenthuis en begin met die roman – ’n debuut, wat sy lankal wou skryf. Maar dit is ’n probleem dat so baie debuutromans eintlik maar outobiografies is. Dus skep sy ’n roman rondom die onbekende en afwesige vrou by wie sy die meenthuis huur. Gaandeweg word die verskil tussen werklikheid en fiksie ontstellend klein.

Die kamer langsaan is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Klik en koop

Fyn porselein
Helena Hugo
ISBN: 9780799355130
Prys: R170,00

Fyn porselein

Ouma Anna, ma Ann en kleindogter Mariëtte neem bestek op van hulle lewe. Elkeen meen dat haar lewe, soos die stand van teeblare onderin ’n koppie, so heel anders as die ander twee s’n verloop het. Maar wie kan weet? Elke lewe, fyn soos ’n porseleinteekoppie, kan so maklik breek.  Met diepgaande insig en ’n sterk sin vir die ironiese verken Hugo in hierdie roman jeug en ouderdom, voorkennis en nakennis en onbegrip tussen die generasies, en laat die leser met verwonderde ontroering. Uit die heel gewoonste gegewe verken sy met hierdie roman ’n vraagstuk so oud soos die mensdom: Kan ’n ander mens – selfs dié naaste aan jou – ooit ten volle geken word?

Fyn porselein is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Klik en koop

Geur van vervulling
Alta Cloete
ISBN:9780799351743
Prys: R165,00

Geur van vervulling

Geur van vervulling is die derde boek in die trilogie wat begin het met Geur van genade.

Vivien het na haar egskeiding vir haar ’n nuwe lewe en ’n loopbaan as lewensafrigter opgebou. Toe sy hoor haar eks en sy nuwe vrou gaan ’n baba hê, ervaar sy ’n intense gevoel van verlies. Sy vlug vir ’n naweek na haar ouers se strandhuis aan die Weskus, maar maak toe kennis met ’n onverwagse gas – Herman Dreyer, die sedige sielkundige met die sedelose dogter wat al ’n kind by een van haar dosente het. En nou is sy dogter klaarblyklik agter Vivien se twee mooi seuns aan.

Herman is nie heeltemal so stemmig soos sy gedink het nie. Daarby kan hy kook: wonderlike huiskos met geure wat Vivien na vervulling en balans in haar lewe laat smag.

Vivien en Herman leer algaande om mekaar se sterkpunte te waardeer en mekaar se swakpunte te vergewe. En dat ’n nuwe toekoms moontlik raak wanneer die wonde van die verlede skoongemaak word en begin genees.

Geur van vervulling is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Klik en koop

Vinnig en maklik : Resepte uit Vrouekeur 3
Marlo Carstens
ISBN: 9780799351781
Prys: R189,95

Vinnig en maklik : Resepte uit Vrouekeur 3

Die sukses van Vroukeur se resepte lê in die eenvoud daarvan. Al die bestanddele is reeds in die spens en al die resepte is vinnig en maklik om ook vir die kok gesellige kuiertyd met geliefdes en vriende te verseker.

  • 170 maklike resepte
  • Volkleurfoto’s van heerlike disse
  • Sonder-sukkel-staatmakerdisse

Vinnig en maklik : Resepte uit Vrouekeur 3 is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top