Nuut by LAPA Uitgewers

  • 0

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!

Klik en koop

sout+peper
Erfeniskos | reis
Niël Stemmet

ISBN: 9780799351811
Prys: R295,00

’n Reis deur erfeniskos

Niël Stemmet, binnehuise-ontwerper, koskenner, reisiger deur die verlede, deel in sy boek sout+peper die geregte wat hom na aan die hart lê.

In die boek vertel Niël stories en verwys na resepte wat in die volksmond oorvertel is en van grootmoeder na moeder, dogter en kind aangegee is. Hy is passievol oor waar die tradisie van erfeniskos vandaan kom, en skryf die stories soos hy dit onthou; die resepte soos hy dit ontvang of gehoor en opgeskryf het. So beskryf hy Sondagkos: Dit is Sondag, hoe onthou ek nie Sondae as kind nie: jy raak wakker met die klank van kerkklokke wat deur die dorp beier, die gesang van voëls, hier en daar ’n verlore haan wat kraai, ’n hond wat blaf, die geluide van die kombuis en die geure van skaapboud en braaihoender wat in die gang afkom en in jou neus kom lê …

sout+peper is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

 

Klik en koop

Fado vir ’n vreemdeling
Margaret Bakkes

ISBN: 9780799352146
Prys: R165,00

Die lewe en lotgevalle van Cornelis Homan
’n Historiese roman met deernis

Fado vir ’n vreemdeling is die histories-gefundeerde verhaal van die lewe en lotgevalle van Cornelis Homan. Sy lewe word egter ook in ’n groter familiekonteks geplaas, sodat die leser ook die geskiedenis van sy ouers, sy kinders tot by sy kleindogter, die Portugese Maria Josefina de Araujo Homan, leer ken.

Fado vir ’n vreemdeling is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Klik en koop

in die niks al om
René Bohnen
ISBN: 9780799348835
Prys: R120,00

Kuns met woorde – in die niks al om

René Bohnen se tweede digbundel, in die niks al om, gaan oor die integrasie van hoop en verlies, van die Ooste en die Weste, van verskrikking en verwondering, van platteland en stad.

Die digter bepleit in haar eiesoortige liriese, vroulike stem die opheffing van dogma en die versoening van die polariteite in die wêreld se geloof, taal en kultuur. Sy oorrompel haar leser wanneer sy die wysheid van die onvolmaaktheid besing.

in die niks al om is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Klik en koop

My pad met engele
Belinda Bras-Nel
ISBN: 9780799351743
Prys: R200,00

Ontdek die werklikheid van hemelse boodskappers

Hierdie boek vertel die verhaal van ? vrou wat as kind baie geestelike ervarings gehad het, maar, soos met ons almal, het ‘die lewe’ oorgeneem. In totale desperaatheid het sy ’n noodkreet in die heelal uitgestuur om die rede vir haar bestaan te probeer verstaan. In hierdie boek beleef jy saam met haar die pyn van absolute verlatenheid, maar ook die gelatenheid wat sy leer ken wanneer die engele in haar lewe met boodskappe van hoop en wysheid opdaag.

Die boek beskryf dit wat Belinda van die engele geleer het. Hulle wyshede het haar gehelp om haar lewe van hopeloosheid na bemagtiging en vryheid om te keer. So help die boek ook die leser om sy of haar engel en boodskappe te ontdek.

My pad met engele is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad www.lapa.co.za

Klik en koop

Isabelle
Chanette Paul
ISBN: 9780799351521
Prys: R165,00

Die Davelvroue: Isabelle

Isabelle (1932, Willemien se dogter) is ? aanstellerige Ierse gravin met ? passie vir skilder. Die verantwoordelikheid van haar gravinskap rus swaar op haar, veral toe sy besef dat haar titel bepaal met wie sy mag trou. Om die kroon te span raak sy verlief op ? bywoner wat klei uithaal op haar plaas in Suid-Afrika.

Die reeks bestaan uit sewe boeke: Tamara, Willemien, Annabella, Deborah, Isabelle, Maryn en Fleur.

Isabelle is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top