
Gracie-Jane Coetzee se eerste kleinkind word gebore kort voordat die president die eerste inperking aankondig. Gracie is ’n skrywer en illustreerder van kinderboeke, en nie juis ’n konvensionele ouma nie. Sy verkies die geselskap van haar getroue basset-hond bo enige ander verhouding in haar lewe. Saans wanneer PTS haar tussen die mure van haar huis rondjaag en die gevoel van onheil soos ’n uil op die dak kom sit, dokter sy graag die obsessief-kompulsiewe simptome met ’n glasie wyn of twee ...


Kommentaar
Ek wil graag 'Die uil in die ysbos' deur Susan Coetzer aankoop as 'n e-boek. Deur wie kan ek dit aankoop?