Volgens die Maja-kalender is 2012 die einde van ’n era.
Volgens my is 2012 die einde van die Westerse era.
Ek verwag pro-demokratiese proteste in die EU teen die onverkose en outokratiese Europese elite en hulle bankbande. ’n "Arabiese" lente in die EU, ook in Griekeland en Italie met hulle onverkose regerings.
Vladimir Poetin sal vir die volgende 12 jaar tot president van Rusland verkies word, en hy sal gedurende sy bewindstermyne ’n nuwe Eurasiese Unie vestig met die steun van van die huidige protesteerders teen United-Russia, die demokratiese kommuniste.
Iran sal sanksies omseil en ’n nuwe ekonomiese groeie-era lanseer deur sy buurman Irak vir handelsdoeleindes oor te neem.
Net so sal Sjina met Taiwan en Noord-Korea maak, en so vir die eerste keer in die geskiedenis beide lande ekonomies besit of beheer.
Die Europese skuld- en bankkrisis word opgelos deur waardevolle bates aan die nuwe opkomende wereldmoondhede en supermagte te verkoop.
Die VSA betree soos besette Japan ’n onstabiele tydperk gekenmerk deur menige nuwe administrasies, maar met gepaardgaande rassespanninge, inflasie en stygende rentekoerse.
In Suid-Afrika: die ANC sal sy 100ste en laaste verjaarsdag vier. Meneer Mandela gaan die ANC oorleef.
En laastens maar nie die minste nie: Dan Roodt gaan as groot skrywer ’n groot boek skryf, want die Afrikanerpen is magtiger as die politieke opponent se swaard.
Volgens Godfried Watermeyer:
Wat Israel was, sal my volk word,
sy lendene met God omgord.
’n Lig wat tot bewussyn kom
erf ons die rigterstaf van Hom,
word voorwaens in die Groter Trek
wat weer die wysheid herontdek.
Klein windgerukte Westerloot
wat in die Suide stam kom stoot,
jy brei tot boom wat vrugte dra
oor breër grond as Afrika ...
Ran Doodt

