Wat sal die oplossing wees, triljoene en triljoene se kapitaal wat gevind moet word en ‘n politieke heroordenking van wat die doel van die EU is. Die siklus van briewe tussen my en FW spreek dit net oorsigtelik aan. In daardie siklus van briewe word daar op ‘n stadium verwys na die “savings glut”. Dit is nou slegs ‘n baken in die geskiedenis wat verby is, maar die volgende program kan dalk nog van waarde wees.
Dit word aanvaar dat dit slegs ‘n ander nerd sal wees wat hierna sal gaan luister.
Die naweek was die volgende reeks uitgesaai op die BBC en word dit aangebied as konteks vir die skuld-krises van die EU en kan hier gevind word en is in twee dele, deel een, en deel twee en is meer onlangs en daarom dalk meer waardevol.
Hierdie kan in die konteks van ‘n ander bespreking gesien word, wat die volgende vraag vra.
“Philip Dodd and guests discuss whether the pursuit of economic stability is downgrading democracy”.
Die konflik is duidelik, die opstande wat die begeerte na demokrasie bevestig en dan die skuld-krises wat weer demokrasie moontlik onder druk kan plaas.
Die res van die nuusgebeure is nie in die volgorde van belangrikheid nie.
Die vreemde weer die afgleope jaar, die vloede en oorstromings wat die afgelope jaar die “norm” was en alhoewel nie die rede daarvoor is die beginpunt die aardbewing en tsunami in Japan. Fukushima. Lees hier.
Volgende is die dood van Osama Bin Laden asook die eerste dekade wat verby is na 11-09-01 en ‘n nuusgebeurtenis wat saam daarmee gaan die laaste soldate wat Irak verlaat het. Was hierdie oorlog van keuse die moeite werd en wat is die toestand van Irak nou?
Indien daar gefokus word op afsterwes, dan was die afsterwe van Steve Jobs belangrik. Luister na die toespraak deur hom gelewer by Stanford in 2005 op youTube of lees die transkripsie daarvan wat hier gevind kan word.
En hierdie frase wat die toets van tyd sal weerstaan: Steve Jobs is aan die woord.
"Death is the destination we all share. No one has ever escaped it, and that is as it should be, because death is very likely the single best invention of Life. It’s life’s change agent. It clears out the old to make way for the new. Right now the new is you, but someday not too long from now, you will gradually become the old and be cleared away."
Hy het daarin geslaag om “duik in die heelal” te maak. (A ding in the universe)
Daar word ook afskeid geneem van Christopher Hitchens en Vaclav Havel kort na mekaar.
Die afsterwe wat egter politieke gevolge het is die afsterwe van Kim Jong-il op 17 Desember 2011 en hopelik sal dit dalk bevryding bring aan die mense van Noord-Korea? Lees hier.
Plaaslik kan die snoerwet as ‘n belangrike kommerwekkende ontwikkeling gesien kan word. Tim du Plessis skryf oor tuis-wees in Suid-Afrika, al regeer wie ook al.
Ook word die nuus skandaal van News International van Rupert Murdoch ook uitgewys as ‘n belangrike gebeurtenis, al mag “koos sas”nie so gedink het nie.
Hierdie is my lys en word daar afgesluit met die volgende videos met ‘n aanbeveling dat dit asseblief gekyk moet word.
Die eerste video is die standard uitgawe van Google se jaarlikse Zeitgeist. Kyk hier.
Die tweede video word aangebied omrede dit so mooi is. David Attenborough op die tema van Louis Armstrong se “Wonderful World” neem ons op ‘n kort toer. Kyk hier.
Wat ‘n mens is David Attenborough nie en hoe wonderlik is die aarde tog nie. (Gee jou moed).
Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar vir almal hier en jul geliefdes.
Baie dankie
Wouter

