Hello,
Hierdie jaar kan dalk net so belangrik wees soos 1989, die jaar waarin Kommunisme geval en ‘n dramatiese drie jaar tot gevolg gehad het, wat byvoorbeeld sal insluit die unifikasie van Wes-Duitsland en Oos-Duitsland en die uiteindelike val van VSSR in 1991 net soos dit kan aangevoer word dat die gebeure van 1989 tot en met 1991 die onderhandelde magsoorgawe in Suid-Afrika moontlik gemaak het. (Dit was nie fascisme wat bogenoemde moontlik gemaak het nie, soos aangevoer deur Comestor nie)
Daar was ‘n reeks van van revolusies en soos alreeds gesien nie net in Suid-Afrika maar ook in lande soos Estland, Latvia, Litaue, Chile, Slowakye, Kroasië.
Alhoewel die revolusies in die lande nie almal suksesvol was nie, is van die eienskappe van daardie opstande en revolusies in 2011 herhaal. Die eienskappe sal verwys na massa protes, sosiale mobilisasie asook protes sonder geweld.
Hierdie is dus die belangrikste gebeurtenis van 2011, die opstand teen onderdrukking wat gevolg het op die dood van Mannoubia Bouazizi in Tunisië en die oorspoel van daardie opstande na Egipt, Libië en Sirië.
In Sirië gaan die bloedbad voort en is dit ‘n ope vraag wat die slotsom gaan wees, voorspooksels van ‘n burgeroorlog.
Die verassing is natuurlik die bloedneus wat Putin gekry het met sy “bestuurde demokrasie” wat in die weegskaal is en dit was ‘n ervaring om die Russe ‘n standpunt sien inneem teen hulle leiers.
Bogenoemde kan dus as ‘n enkele gebeurtenis gesien word of dit kan die eerste vyf plekke op die lys inneem.
Tunisië, Egipte, Libië, Sirië en Rusland.
Nog ‘n land wat die eerste stappe neem tot vryheid is Burma en kan ook daarom as ‘n belangrike gebeurtenis gesien word.
‘n Aspek wat ook belangrik is in bogenoemde konteks is die rol van Islamiste wat nou regeringsgesag verkry en ‘n toets is van hoe Islam in bewind sal regeer en word met belangstelling dopgehou. Turkey kan ‘n voorbeeld wees?
In daardie konteks is dit reg dat die persoon van die jaar deur Time Magazine aangewys is as die protester en kan hierdie onderhoud met die skrywer van die artikel ook oorweeg word.
Die volgende nuus gebeurtenis wat saam met bogenoemde gebeure gesien moet word is die “Occupy Wall Street-beweging”, wat uiting in die VSA en VK gekry het.
Dit is jammer dat hierdie storie nie in groter besonderhede hier bespreek is nie, dit is net deur myself en Christoff aangespreek maar glad nie in diepte nie.
Saam met die “Occupy Wall Street-beweging” is daar twee ander aspekte wat ook in berekening gebring word en ook plekke inneem op die lys.
Die eerste aspek verwys na die “squeezed middle” en is tentatief deur Zhi aangespreek maar nie in genoegsame besonderhede nie om dit hier duidelik te maak nie. In kort verwys dit na die middelklas burgery op globale skaal wat onder druk is om geldelik te oorleef en kan daar aangevoer dat dit uiting in die Occupy Wall Street-beweging” ook gekry het.
Saam hiermee is die probleem van die werkloosheid en werkskepping wat onder druk is en meer en meer mense sonder werk laat en dus ‘n groot probleem is.
Die groter wordende ongelykheid tussen die top persentasie van die super welgesteldes en die res van die bevolking.
Die volgende krises is nog steeds nie opgelos en verwys na die EU-skuldkrises en daarmee dan tesame die toekoms van die Euro.
Vervolg
Baie dankie
Wouter

