noudat ek brandmaer is en
wegkruip agter ’n bosbaard
vir die steek van die
son
bedel ek op die hoeke
van gegoede skole
pas ek lang motors in
posh restaurante se
parkeerareas op.
totdat ek laatnag by
my hool
kom en met bysiende oë
na die poskaartprentjie van
parys teen my muur
staar

