Nostalgiese oproering
My nostalgie is besig om vatbaar te raak vir gemoedsaandoening. Stompsinnig het ek jou vertrou en toe kom jy en bedreig my verwagtinge wat ek nou wel berou. Kom uit my geheue en versuim, voordat ek in opstand kom en oproerig word. Ek kan my teleurstelling ongelukkig nie verberg nie. Moet tog nie so dramaties optree nie; van nostalgie hou die pyn en smart nie op nie en ek dink ek gaan rebelleer van my onnoselheid om jou nog ’n kans te gee. Ek wil jou net uit herinnering verloor want my hart is nie meer in een stuk; dit voel so goor!
![]() |



