Normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal. Jacques Fourie reageer

  • 0

Jacques Fourie van die metalgroep Mind Assault reageer op die artikel “Vervreemding in die ekstreem: ’n Oorsig oor normloosheid en sosiale isolasie in Afrikaanse ekstreme metal” in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling, geskryf deur Burgert A Senekal.

Ek stem saam met die skrywer. Ek voel byvoorbeeld dat ek myself meer “waar” uitdruk in Afrikaans. Die woorde kom maklik na my wanneer ek in hierdie taal skryf en iets wil uitbeeld of oordra. Dis ’n growwe taal wat lekker emosie uitbeeld. En ek wil hê dat ander Afrikaanse mense wat van metal hou, die musiek en boodskap ten volle moet verstaan en ervaar.

Afrikaanssprekende mense het ’n baie spesifieke kultuur en geskiedenis, en dit is iets waaroor ek persoonlik passievol is – ek wil daaroor skryf. Die taal wérk in ’n aggressiewe vorm, want daar is baie gevoelens en emosies daaroor. En die emosie word lekker uitgebeeld deur die growwe lettergrepe en klanke.

Verder dink ek dat Afrikaanse metal ’n nodige uitlaatklep van energie is vir Afrikaanssprekende mense, wat die boodskap van die liedjie kan verstaan. 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top