Nominasies vir die glansryke kykNET Fiestas – ’n swierige toekenningsgeleentheid waar Afrikaans se talentvolste, opkomende en gevestigde kunstenaars vereer word – is gisteraand aangekondig.
Die Fiestas-nominasies word gekies uit produksies wat tydens 2011 op die planke gebring is by kunstefeeste landswyd. Wenners uit die 16 kategorie? asook drie Lewensbydraes sal bekendgestel word tydens ’n glansproduksie waar kategoriewenners die verhoog sal deel met van die land se beste kunstenaars. Hierdie jaar word die Fiestas, wat reeds beskryf word as dieOscars van die Afrikaanse teaterbedryf, op 23 Februarie 2012 in die Kunstekaap aangebied en beloof om ’n feestelike extravaganza te wees.
Karen Meiring, kanaalhoof van kykNET, sê vanjaar se nominasies is weereens van hoogstaande gehalte: “Feeste het die tuiste van die Afrikaanse teaterbedryf geword. Hulle verteenwoordig ’n bymekaarkoms en viering van die Afrikaanse kultuur, en daarom wil kykNET graag erkenning gee aan kunstenaars vir uitnemende werk. Die Fiestas is ’n skaamtelose vertoonvenster om die stand, talent en toekoms van Afrikaans te vier, maar dit is ook ’n klop op die skouer vir élke fees en élke kunstenaar wat ons vermaak en raak met hul talent.”
Meiring verduidelik dat die verskillende feeste nominasies mag maak vir die verskillende Fiestas kategorieë uit produksies wat by hul fees gedebuteer het in 2011. Die nominasies word dan aan ’n onafhanklike beoordeelaarspaneel wat al die feeste en Produksies bygewoon het voorgelê, wat deur middel van stemming besluit wie die finale vyf genomineerdes, asook die wenners in elke kategorie sal wees.
Kykers het egter ook die geleentheid om vir twee kategorieë te stem om sodoende 2011 se Gewildste Fiësta Aanbieder asook die jaar se Gewildste Fees te kies. Die wenners in hierdie kategorieë sal deur ’n SMS-stemming bepaal word, en die publiek het tot 31 Januarie 2012 om vir hierdie gewildheidspryse te stem. Nominasies virGewildste Fiesta Aanbieder is Andries Vermeulen, Bobby van Jaarsveld, Erik de Milander, Wicus van der Merwe en Willem Botha. Die Gewildste Fees nominasies is Aardklop, Innibos, KKNK, Huisgenoot Skouspel en Woordfees.
Die 2012 kykNET Fiestas nominasies vir produksies wat by feeste gedebuteer het tydens die 2011 Feesjaar (Januarie tot Oktober 2011) is:
| BESTE AKTEUR |
|
Brendon Daniels (Rooiland) |
|
Charlton George (Rooiland) |
|
Gerben Kamper (’n Lewe in die Teater) |
|
Deon Lotz (Agterplaas) |
|
Neels van Jaarsveld (Die Kaptein se Tier) |
|
BESTE AKTRISE |
|
Vinette Ebrahim (My naam /name is Ellen Pakkies) |
|
Antoinette Kellermann (Klaasvakie) |
|
Wilna Snyman (Klaasvakie) |
|
Anthea Thompson (Mooi Maria) |
|
Isadora Verwey (Mooi Maria) |
|
BESTE BYSPELER |
|
Brendon Daniels (Lot) |
|
Albert Pretorius (Messe in Henne) |
|
Francois Toerien (Oom Anton by die see) |
|
Neels van Jaarsveld (Lot) |
|
Neels van Jaarsveld (Mooi Maria) |
|
BESTE BYSPEELSTER |
|
Bronwyn van Graan (Lot) |
|
Tinarie van Wyk Loots (Lot) |
|
Esther von Waltsleben (Agterplaas) |
|
Annelise Weiland (Die see) |
|
Deidre Wolhuter (Agterplaas) |
|
BESTE REGIE |
|
Marthinus Basson (’n Lewe in die Teater) |
|
Jaco Bouwer (Rooiland) |
|
Charles Fourie (Agterplaas) |
|
Nicola Hanekom (Lot) |
|
Albert Maritz (Mooi Maria) |
|
BESTE TEATERONTWERP |
|
Marthinus Basson (’n Lewe in die Teater) |
|
Jaco Bouwer (lig) |
|
Jaco Bouwer (Rooiland) |
|
Nicola Hanekom (Lot) |
|
Craig Leo (Der Fliegende Hollander) |
|
BESTE PRESTASIE IN ’n MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE |
|
Chris Chameleon (Klank van jou oë) |
|
David Kramer (Kramer se Karoo) |
|
Karen Zoid (Malaika / My Engel) |
|
BESTE SPEL IN ’n SOLO-VERTONING |
|
Marion Holm (holm@iafrica.com) |
|
Shimmy Isaacs (Howzit my bra!) |
|
Coba-Maryn Wilsenach (Medea) |
|
BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE OPVOERING |
|
Agterplaas |
|
Bullets over Bishop Lavis |
|
Hel op Hemel-en-Aarde |
|
Lot |
|
Rooiland |
|
BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR |
|
Gustav Gerdener (Wees) |
|
Shimmy Isaacs (Howzit my bra!) |
|
Tertius Kapp (Rooiland) |
|
Megan-Geoffrey Prins (SOF Klassiek) |
|
Wilhelm van der Walt (Rooiland) |
|
BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK |
|
Nkosazana Dimande (Der Fliegende Hollander) |
|
Zanta Hofmeyr (Beethoven Op. 18 Strykkwartet) |
|
Magdalene Minnaar (Vuurvoël) |
|
Ben Schoeman (Uitvoering van Franz Liszt) |
|
Tygerberg Kinderkoor |
|
BESTE PRESTASIE IN DANSTEATER |
|
Flicker (directed by Gerard Bester) |
|
Dawn Langdown (Mense van Mense – choreografie) |
|
Die Namjive-dansgeselskap (Mense van Mense) |
|
Proximity, Loss and Hearing (directed by Nicola Elliot) |
|
BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS |
|
Serge Alain Nitegeka (…and walk in my shoes) |
|
Hannelie Taute (Skeidingsangs) |
|
Frank van Reenen (Die langnaweek) |
|
Diane Victor (Innibos Feeskunstenaar) |
|
Diane Victor (KKNK Uitstallings op verskillende plekke) |
|
BESTE AANBIEDING |
|
Agterplaas |
|
Der Fliegende Hollander |
|
’n Lewe in die Teater |
|
Lot |
|
Rooiland |
Die kykNET Fiestas toekenningsaand vind plaas op 23 Februarie 2012 om 19:30 by die Kunstekaap in Kaapstad. Kaartjies is beskikbaar by Computicket teen R120. ’n Spesiale uitsending van die Fiestas-toekenningsaand sal ook op Donderdag 1 Maart 19:30 uitgesaai word op kykNET kanaal 111 op DSTV.

