Ek lees Gerhard Venter se brief en stem heelhartig met hom saam.
Ons kan in die verlede leef en met wrokke loop maar ongelukkig help dit nie. Ek is net bly ek staan nie in die manne se skoene wat eendag moet gaan verantwoording doen vir hul dade nie.
Ek kan nie veel uitwei oor die oorlog en dade wat gepleeg is nie, ek dra te min kennis daaroor, maar ek is versigtig om te noem dat dit weer gebeur het of aan die gebeur is. Baie mense sal met my verskil, en ek noem dat dit net gevolgtrekkings en aannames is wat ek maak.
As ons kyk in die verlede, hier by die 1960's. Afgesien van die politieke bewind kyk ek na die ekonomiese. Die Rand was een van die sterkste geldeenhede ter wêreld. Die ekonomie het geblom. Daar was politieke onderstrominge en onrus, maar nie op die skaal van die 80's nie. Ons geldeenheid was met goud gerugsteun. Ek is nie 'n ekonoom nie maar ons geld het waarde gehad en was nie net papier nie. Hoekom het dinge agteruit gegaan? Wat het gebeur?
Kom ons kyk na die 90's. Goed, 'n nuwe politieke bestel was onafwendbaar, maar ten koste van wie en tot wie se voordeel? Die huidige regime het nie die politieke wil om die land te bestuur nie. Ons het die sogenaamde beste konstitusie, maar word dit toegepas?
Wat is die staat se verantwoordelikheid teenoor sy burgers? Nou sal daar mense wees wat skree, die staat het 'n verantwoordelikheid teenoor al die burgers. Dit is die probleem. Die staat gaan die gans wat die goue eiers lê, keelaf sny. Ek is nog altyd van mening dat die land weer 'n kolonie is van 'n groot moondheid. Ek kan nie besluit of dit die VSA of Ingeland, Duitsland of Sjina is nie. Wat het geword van die land se bates soos die spoorweg, Yskor, en andere. Ek praat nie nasionalisering voor nie, maar dit was bates van die staat. Die myne praat ek nie eers van nie.
Dit het nog altyd aan "volksvreemdes" behoort.
Finansieel leef ons nie meer in die land nie, ons oorleef.
Ek is bevrees dinge gaan nie makliker word nie.
Reusedwerg


Kommentaar
wat was, was.
jy sal altyd sien dat dit die juigkommando is wat op die wa spring terwyl hulle waar sit?. ek se eerder: maak seker jy het 'n BEE vennoot. lieg, bedrieg en doen wat jy kan om geld uit hierdie stelsel te maak. en doen dit gewetenloos. maak geld uit die stelsel uit want die stelsel voel niks vir jou nie, en die manne met die agendas weet nie eens dat jy bloot net 'n nommer is nie. hulle voel in kort 'n fok.
wat gaan ek met my "67 minute" doen? op die massas se gevoel speel en 'n ekstra 10% markup op elke produk sit vir daai 67 magiese minute.
onthou die mees belangrikste beginsel van almal: Laat dit altyd lyk asof jy in ellende is.
Jaco
Beste Oester,
Ek hou van jou positiewe en pro-aktiewe benadering tot 'n negatiewe situasie om dit tot eie voordeel om te skep. Jy soek 'n geleentheid in 'n swak en dreigende situasie wat jy dan tot eie voordeel benut. Die dat jy geld maak, waar ander hier op die Nett tot vervelens toe net sanik en in die verlede lewe wat hulle fokol oor kan vermag. Daarom geniet ek jou skrywes terdee. Doe so voort
Jaco Fourie
Jaco
Beste Oester,
Ek hou van jou positiewe en pro-aktiewe benadering tot 'n negatiewe situasie om dit tot eie voordeel om te skep. Jy soek 'n geleentheid in 'n swak en dreigende situasie wat jy dan tot eie voordeel benut. Die dat jy geld maak, waar ander hier op die Nett tot vervelens toe net sanik en in die verlede lewe wat hulle fokol oor kan vermag. Daarom geniet ek jou skrywes terdee. Doe so voort
Jaco Fourie
hi jaco
die skreiende ironie is die blote feit dat ek met my houding meer rykdom juis vir ander skep te midde van 'n stelsel wat my wil wegwens. want ek beleef nie die houding van die voorbladjagters op die grond nie. die outjies op die grond voel werklik 'n fok vir die verlede en die onregte en voorregte. die manne en maninne soek 'n decent job. soek net 'n geleentheid skool toe vir sy klogoete en weet in meeste gevalle nie van die malemas en die zilles en die zumas nie.
geld is alles. geld is mag, geleentheid en sommiges aanbid selfs vir mammon. baie sleg as jy te veel of te min daarvan het.
Ek het nog nooit gehoor van 'n arm hedendaagse "filosoof" nie. nog minder van 'n arm "ekonoom".
ek moes, terloops, vanoggend my BEE status bevestig en ek score volpunte.
die beginsel is steeds: Pay it forward. ek is niks sonder jou nie en as die manne met die agendas dit net vir een dag toepas sal dinge drasties anders lyk, ne?
tyd, terloops dat jy hier kom draai maak in oesterland sou ekke se.