Konsentrasiekampe

  • 3

Loammi, jy's reg - almal verdien 'n hoflike antwoord, al stem mens nie saam nie. Ek doen ook navorsing oor die kampe, in my geval vir 'n toneelstuk wat ek skryf. Ek dink mens moet Emily Hobhouse se boek lees (The brunt of the war en where it fell) en ook die Hansard van die debatte in die Britse parlement. My gevolgtrekking is die volgende: (1) Daar was baie onbeholpenheid met die administrasie van die kampe, maar Kitchener was 'n bliksem wat nie eers vir die Britse parlement kon sê waar die kampe was en hoeveel daar was nie. (2) Die parlement het die sterftesyfer vir maande gevolg en niks daaraan gedoen nie. (3) Die verskroeide aarde beleid van die Britte was 'n 'atrocity' en Kitchener behoort nadoods as 'n oorlogsmisdadiger verklaar te word. Duisende van die sterftes het in die vervoer van die mense plaasgevind of direk daarna. (4) Die beleid van gedifferensieerde rantsoene tussen 'undesirables' (gesinne van Boere in die
veld) en 'refugees' (hensoppers), waar 'rebelle' kinders on ses jaar soms net die helfte van die rantsoen van 'refugees' se rantsoene ontvang het, was direk daarop gemik om die Bittereinders tot oorgawe te dwing en het daardie kinders net so seker doodgemaak as om hulle in die kop te skiet. Hulle het ook baie kindertkjies laat sterf deur hulle in die arms van vreemdeling agter te laat en hulle moeders weg te voer - verskeie gedokumenteerde gevalle met name en plekke.

Die Britse regering het doelbewus, op Kitchener en Milner se aanbeveling, gewen aksie geneem nie. Die Britse parlement het dit reggekry om alle bespreking van Kitchener se strategie te blok, onder een of ander krygsgeheime wet.

Dus, volksmoord, gepaardgaande met van die ergste 'atrocities' (wat is dit tog in Afrikaans?) wat nog ooit in oorlogvoering gepleeg is.

Moenie vergeet dat die Britse generaals gelieg en die Boere swartgesmeer het nie. Hulle het byvoorbeeld die Engelse publiek laat glo dat die Boere in modderhutte woon en nie aan beter as die kampe gewoond is nie (sien Hansard) terwyl een na die ander soldaat skryf hoe hulle die fyn porselein an klaviere (ja, klaviere) in die mooi huise gebreek het. Natuurlik was daar arm boere ook.

Ignoreer asseblief vir Conan Doyle. Hy was 'n leuenaar. Dis nie ek wat so sê nie, dis Emily Hobhouse. En sy was nie 'n wide-eyed liberal wat net met haar hart dink nie, sy was 'n nugter, verstandige, intelligente, betroubare vrou.

Die mooi prentjie van Boere waarmee hy begin, is om verskoning te maak vir die Britse militere neerlae. Dis nie sommer enigiemand waarteen hulle so verloor het in die begin nie.

Hoewel daar wel verkragtings plaasgevind het, ("women ravaged") glo ek nie dit was wydverspreid nie. Swart misdadigers het dit op daardie stadium nog nie as 'n martelmedtode ontdek nie, en die Britte was te haastig tydens plaasverbrandings. (Die rede hoekom hulle die vroue net tien minute of so gegee het om te ontruim is omdat hulle skytbang was die Boere kom op hulle af terwyl hulle hulle wandade pleeg - my eie gevolgtrekking). Hulle het wagte gepos om die rantjies dop te hou vir Boere, en wou net nie in die act gevang word nie. Hulle het baie geod geweet wat hulle doen is teen die Haagse konvensie - dit is ook so gesê in hulle parlement.

Volksmoord!

Hartlike groete

Gerhard Venter

  • 3

Kommentaar

  • Gerhard, dankie vir die skakel na Laommi se skrywes; ek het dit destyds nie raak gesien nie.  Die meisie lyk my is besig om al hoe verder te verdwaal; probeer te diep delf en kyk die ooglopende mis.

    Terloops, 'atrocities' is 'gruweldade' en 'in die act gevang word' is 'op heterdaad betrap'.

    Terloops, Duitswester is reg, al ons goed behoort aan buitelanders, ystererts, diamante, renosterhorings, alles.

  • Hetta de Smidt

    Op soek na ’n toeneelstuk vir ATKV tiener toneel oor konsetrasiekampe sal jy dalk kan help om n teks opte spoor. Baie dankie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top