En so net voor ek ook ’n Krismisboom loop koop het.
Die geskrifte kom van G_d en leer ons die waarheid, wys ons sonde uit, maak ons foute reg en leer ons hoe om reg te leef. 2 Tim 3:16.
Enigeen wat ’n boodskap anders as dit in die geskrifte is voorhou is vir ewig vervloek. Ga 1:9. Kyk wat sê die Bybel oor Krismis:
G-d verbied omgang met mense wat net voorgee dat hulle G_d dien. 2 Tim 3:5. Kyk rond, jy sal hulle herken.
G_d verbied omgang met mense wie plesier bo G_d verkies 2 Tim 3:4. Krismispartytjies net waar jy kyk.
Glo julle wat G-d sê of glo julle diegene wat anders sê? Jesaja 8:19-20. Weer, toets die stories teen die Bybel en herken die heidense tradisies vir wat die is.
Wat mense hoog ag word deur G_d verafsku. Luk 16:15. En Krismis is jul grootste “heilige” dag?
Die wat ’n vriend van die wêreld is, is ’n vyand van G_d. Jak 4:4
Moet nie G_d se bevele ignoreer en menslike tradisies aanhang nie Mark 7:8. Krismis is ’n heidense tradisie.
G_d haat die besoedeling van Sy Naam met heidense gebruike. Ezek 20:39. En Messias se naam is heel bo aan die heidense 25 Desember fees, deur julle daar geplaas.
Die wat Messias onthou op ’n oneervolle manier is skuldig. 1 Kor 11:27. Bring die songod-fees eer aan Sy naam? Beslis nie.
Moet niks wat vir G_d walglik is in jou huis inbring nie, jy sal deel in die vloek wat daarop rus. Deut 7:26 Dink mooi hieroor voordat jy weer daai groen boom in jou huis inbring en versier.
Moet niks oprig wat met afgodery te doen het nie. Deut 16:21-22 en Eks 20:3-4. Weer daai boom.
G_d haat die rituele wat onder groen bome gepleeg word. 1 Kon 14:23.Jes 57:5, Jer 3:6. Wanneer jy en jou familie om die boom sit, lees hierdie in die Bybel voor julle lofsange begin sing. Wat dink jy gaan G_d met daardie aanbidding maak, aanvaar of soos Kain s’n verwerp?
Julle mag nie die gebruike van die heidene aanneem nie. Lev 18:1-5. Hoeveel waarskuwings wil julle nog hê?
Bly weg van sonaanbidding. Deut 4:19, 17:3,2 Kon 23:5, Job 31: 26-28. Eze 8: 16-18. Dis seker duidelik genoeg vir enigiemand om te verstaan?
Jy moet hou by die tradisies wat in die Bybel is. 2 Thes 15.
Jy eer Messias met geskenke aan Hom, nie mekaar nie. Matt 2:1.1
Julle is geleer om Sy dood te herdenk, nie Sy geboorte nie. 1 Kor 11:26.
Die wat G_d en Sy boodskappers haat gee geskenke aan mekaar en hou fees. Openb 11:10.
Hou by die Joodse feeste wat deur G_d goedgekeur is en bly weg van die heidense feeste. Koll 2:16.
Die wie ’n Joodse feesdag vier, doen dit tot eer van G_d Rom 14:6.
Julle vereer die songod Mithra en verbreek die eerste gebod. Ex 20:3.
Julle verbreek die tweede gebod deur ’n boom as beeld te hê. Ex 20:4-5.
Julle verbreek die derde gebod deur G_d se naam aan ’n heidense gebruik te koppel. Ex 20:7.
Julle verbreek die vyfde gebod deur kinders se begeertes bo die gesag van hul ouers te plaas. Ex 20:12.
Julle verbreek die tiende gebod deur jul kinders te leer om te begeer. Ex 20:17.
Bewys jou liefde vir Messias deur Sy opdragte na te kom, nie deur ’n boom te versier nie. Joh 14:15.
Julle mag G_d nie aanbid soos die heidene hul gode aanbid nie. Deut 12:1-4 en 29-32.
Daar is nog, maar dis seker eers genoeg.
Sê maar net, soos gewoonlik.
Duitswester

