Nog in my laaste blow job

  • 0

Nog in my laaste blow job sal jy wees,
nog in die laaste polsings van die vlees,
nog in die bruinrooi skemering van jou mik
voor die stilword waar ek my lenig in jou blik

deur al die donker ure tussen middernag
en eerste lig waar ek eensaam op jou voetval wag,
en weet dat al die ander dof en minder was,
bloot stom vlees waarna ek in die donker tas.

Maar jy, met elke soen ’n uitgerekte groet,
wat lenig was, met donker oë wat vonk
en in die voornag luid en jags en feestelik dronk

kon moker aan my voordeur, hemp reeds uit –
getrek, en met elke vesel saamgebal vir die hamergooi:
jy was mooi in jou nood, en in jou walging mooi.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top