‘n Gerug doen die ronde
Dat Isabel met die blonde
Skouers by die Kersfunksie
Gepraat het oor interpunksie
Voor sy weggeval het en breed-
Voerig aangehaal het uit Keet
En Opperman en Krog en die hele digtende lot.
Dis geen verrassing nie. Almal weet:
Wat die literati nog moet opswot
Het programmeerders al vergeet.

