"Niks meer om te sê nie" deur Gerhard Bothma

  • 0

Niks meer om te sê nie

In die postmoderne tyd
Word alle fiksie feit
Wat jy haat kry jy lief
Want als is relatief

Die teorie is nou
Dat ons geen teorieë hou
Alle grense word oorgesteek
Elke reël verbreek

Koor:
Ek het niks meer om te sê nie
Daar is niks meer wat ek wil hê nie
Ek het niks meer om te gee nie
Daar is niks meer om voor te skree nie
Niks maak meer saak nie
Niks kan my raak nie
Niks maak meer sin nie
Niks nuuts word begin nie
Niks

In die postmoderne tyd
Is nog net die moffies straight
Wat jy glo twyfel jy in
Want wat ons weet bly maar min

Politiek is ’n TV-soap
Hollywood help kinders cope
Dit wat sleg is word goedgemaak
En die goeie word versaak

Koor

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top