"Nikotien" deur Carmen Zwart

  • 0

Nikotien

Ek het vir nagte nie geslaap nie
en vir dae glad nie gerook nie
Want die verlange kom steek nog vas
soos koue wind in die nag
En die redes daarvoor is, die redes daarvoor is

REFREIN:
Jy’s my kafeïen en nikotien vir die dag
En in die aand is jy my aandster wat my huis toe lei
En as jy bye sê sit daardie verlange weer in my
Want my koppie koffie is op vir die nag
jy’s my kafeïen en nikotien vir die dag
En in die aand is jy die kombers wat my warm hou
en as jy bye sê dan sit verlange weer vas in my hart
Want die sigaretjie is nou klaar

Jy’s my kafeïen en my nikotien vir die dag
en jy’s vreeslik special
Want jy laat my op al hierdie dinge spaar
en as jy gaan is my lewe weer dull
Want jy’s daardie slukkie, die lekkerste drukkie
en laaste trekkie wat my hart van vooraf laat val
En liefie, ek dink jy’s die beste craving wat daar is
En as enigiemand jou gaan vind
gaan jy, die kafeïen en nikotien vir die dag
En ai, die verlange kom sit nou weer in my

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top