Niefiksie-boeke: raad gevra

  • 2

Goeiemôre, ek is ’n Afrikaanse onderwyseres vir die IB. Ek moet boeke lees wat niefiksie is, maar weet nie watter boeke in Afrikaans beskikbaar is nie - reise, briewe, opstelle, biografieë, ens.  Dit is vir Afrikaans Huistaal graad 12 of universiteitstudente. Kan julle my dalk help met ’n paar titels van hierdie tipe boeke? Ek sal dit baie waardeer. Byvoorbaat dank, Mari Snyman

  • 2

Kommentaar

  • Beste Mari

    Jy kan begin met Dana Snyman se wonderlike reisverhale. Die heel jongste is HIERVANDAAN en dit hoort wyd beskikbaar te wees. Dis toegangklik geskryf en perfek vir Graad 12s.

    Verder sou ek aanbeveel:

    Duiwelsklip deur Mika Parsons, oor ’n vrou se ontdekking van korrupsie in die diamantvelde,

    Rigtingbedonnerd deur Fred de Vries, oor Afrikaners post-1994,

    Die einde van die wêreld deur Johannes de Villiers – dis baie snaaks en hip en modern en sal reg in die kraal van jou studente val,

    Eindstryd deur Willie Esterhuyse oor die geheime spionasie en gesprekke met die ANC in die 1980s,

    Gesprekke met merkwaardige mense deur Murray la Vita – lieflike onderhoude met belangrike mense

    Rugbymal deur Jaco Kirsten, vir veral seuns,

    Kopwond deur Anthony Feinstien oor die ervaringe van ’n medic in die grensoorlog,

    Die David Kramer-biografie, deur D de Villiers en T Slabbert,

    God? Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles, deur Fritz Gaum en George Claassen.

    Geniet dit!

    Erika

  • Erika, ek sien jy beveel Willie Esterhuyse se boek aan. Het Mari nie gevra vir nie-fiksie nie?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top