Nie vir my nie
Die hanswors het klaar gelag want die sirkus is verby
Gelukkig is die huis nou klaar, wie sal honger ly?
Die Oujaar lê en sluimer op die stoep van hierdie fees
en iewers is ? honger maag wat more vol sal wees
REFREIN:
Dis nie vir my nie, ek sal maar pass
Dis nie vir my nie, ek het mos al lankal pa gestaan
vir jou ellende van ? tyd verby, jou boek, jou nommerpas
Dis vir jou kinders se kinders wat lank gelede was
? Liefdesbrief aan more, ? belofte reeds gemaak
maar waar is hierdie perske, hierdie soete, soete smaak?
Die lewe gaan ons so verby, maar vasbyt is die raad
Want wie weet, dalk nooi Jakob my, sy heining kort nog draad
REFREIN
Dinge raak dalk beter en my hart bly vol van hoop
My broer kan dink en dit alleen sal nog vir my tyd koop
Om te verander aan hierdie plaas
waar ek en jy en joune boer en brou aan babalaas
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


