Nie-so-cool-dude
(Op die wysie van Brakenjan)
Veel geluk jy wen ’n eier
Van die voëls is jy ’n leier
Jy het gedink jou houding blink
Maar binnekort gaan jy iets anders uitvind
Met jou Mallet en jou Mohawk
Dink jy flex net en ’n vrou lok
Jy het gedink jou houding blink
Maar binnekort gaan jy iets anders uitvind
En kyk hoe stap jy bling bling
Jou Motorola ring ring
Kyk tog in ’n spieël, jy is mos nie seniel
Jy sal jou wat verbeel, For Real!
Met jou vlamme en jou vlerke
Op jou kar, dit los net merke
Vensters getint, en mags wat blink
Dink jy regtig girls gaan dit aantreklik vind?
Arms swaai en bloed wat rondwaai
In die bar, jy dink jy’s [beep] kwaai
Trek op jou broek, en hou op vloek
Dis die laaste ding wat chicks in mans soek
En kyk hoe stap jy bling bling
Jou Motorola bing ring
Liewe magtig ou
Wat is tog fout met jou
Hou op so oopmond kou
En gou
![]() |



