Wat Jesus Christus se lewe op aarde betref, mense moet eerder die Woord self lees voor hulle opmerkings maak, want hulle opmerkings openbaar ook hulle onkunde oor Jesus Christus en ons Allerhoogste Vader Almagtig. Jesus sê van Homself die volgende: Joh 10:17 Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem.
Joh 10:18 Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang. Amen.
Jy verstaan die verlossingswerk van die HERE Jesus Christus hoegenaamd nie – wat anders kan mens van 'n ateïs verwag? As jy begryp het, was jy sekerlik nie 'n ateïs nie, maar 'n Godgelowige. As ateïs gaan jy mank aan Spirituele intelligensie en derhalwe het jy in die HERE se verlossingswerk geen insig nie.
'n Goeie, liefdevolle Vader, soos wat die HERE Jesus Christus ons Hemelse Vader is (onthou dat die HERE deel van die Drie-enige Godheid is – Jesaja 9:5; Johannes 14:9; 17:22), sal beslis SY liefde vir SY kinders betoon deur Homself as borg ten goede (Psalm 119:122) vir SY kinders in te staan. Dit is wat die HERE vrywillig gedoen het (sien byvoorbeeld die verwysings van F I Smith hierbo) uit liefde vir SY kinders. Daarbenewens het die HERE die fisieke dood (wat jy as ateïs as die einde van die pad beskou) ook oorwin deur SY opstanding (wat jy natuurlik ook nie op hierdie stadium sal kan begryp nie).
Sal jy nie dieselfde vir jou kinders doen as jy hulle lewe daardeur kan red nie?
Jy verstaan die hele saak glad nie. Daarom is jy 'n ateïs – of is dit nou andersom? Kies jy maar ...
Kobus beweer die ateïs is te onnosel om te verstaan en Reusedwerg sê weer die menere is te slim vir die onnosel gelowiges. Nou wat nou? Wie is dan die onnoseles? Diegene wat hulle verbeel hulle het spirituele intelligensie en kan spoke sien? Of hulle wat weet spoke bestaan nie?
Angus, dis waarom ek nooit in bekgevegte oor gelowe wil of gaan betrokke raak nie. Elke ou het sy standpunt om te regverdig. Soos ek al menigte kere genoem het, jy maak 'n keuse. Soos ek jou keuse respekteer om nie aan die "mite/sprokie" te glo nie vra ek ook respek van jou as ongelowige om my siening te respekteer. Ek gaan jou nie probeer evangeliseer nie, dade spreek vir my meer as woorde. Jy het kennis van verstand gekry om jou eie opinie/mening en keuse te maak. Ek mag as Gelowige jou nie veroordeel nie.
Kommentaar
Vir 'n Christen is dit niks snaaks nie.
Doe so voort manne.

Mnr Smit, dit sal nie help om die menere te probeer oortuig nie. Hulle is ver te slim vir ons onnosel Christene en Gelowiges.