"Nie alleen nie, net op my eie" deur Lizelle du Preez

  • 0

Nie alleen nie, net op my eie

Ek is nie alleen nie, net op my eie
Mense is mal en jy gaan nog hard val
Staan op, kyk op, want die lewe gaan aan
Jy dink jy is alleen, maar dit is als net ? leuen

Ek is nie alleen nie, net op my eie

Trane rol en gevoelens hol
Die lewe druk en versmoor jou soms
Een wanneer jy terugdink word alles net te veel, te veel

Ons is nie alleen nie, net op ons eie

Die verlede is verby
Maar hoe kan jy daarvan vergeet as dit aan jou bly vreet?
Die verlede beheer mens en die verlede breek mens
Hoe kan jy dan daaroor ophou huil?

Die verlede was ? keuse
en vir meeste is die verlede nou een van hulle vrese
Ek is nie alleen nie net op my eie
Jy is nie alleen nie net op jou eie

God help my, ek pleit by U
Ek was nooit gelowig
het nou geen keuse nie
Vat my, maak my vergeet van my verlede en al die verwyt

Here, help my om op te staan en te glo
daar is iets meer as liefde waarin ek kan glo
Ek is nie alleen nie, net op my eie
Jy dink jy is dalk alleen, jy is nie
Net op jou eie

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top