Nico Carstens

  • 2

Een van die wêreld se grootste komponiste en speler van ligte musiek - en ons weet dit nie. Omdat hy die trekklavier bespeel en met boeremusiek geassosieer was, het baie mense, Afrikaners inkluis, sy musiek as "common" beskou. Maar hy het wêreldwye erkenning geniet en van sy musiek was wêreldwyd op treffersparades. Die stuk "Zambezi" is byvoorbeeld ook deur die beroemde Bert Kaempfert opgeneem.

Hy is pas negentig en 'n uurlange onderhoud is vandag op radio met hom gevoer, onderbreek deur stukke van sy musiek. Hy het nooit musiek gestudeer nie, sy werk het hy op klavier uitgewerk en dan sommer uit sy kop gespeel. In Brasilië het hy bv vir die mense 'n tango geskep en hulle het saamgedrom om dit te hoor.

Hy het natuurlik ook wêreldwyd opgetree.

Ek onthou broer Koos was jare gelede een van sy bewonderaars en ek self ook.

Van die musiek in die FAK is syne, hy het dit geskep saam met Anton de Waal, wat verantwoordelik was vir die lirieke. Die stukke gaan onder die naam "Carstens en De Waal". Hy het selfs vir oorsese rolprente die klankbane hanteer.  

Groete,

Tiens

 

  • 2

Kommentaar

  • Ek stem saam en dink hy is een van die Suid-Afrikaners wat miskien nie die nodige erkenning gekry het nie. Soos jy tereg noem, bekende orkeste het sy skeppings gespeel. Een van hulle deur my gunsteling orkes, James Last het Skokiaan gespeel. So is dit mos maar, wanneer iemand of iets nie meer daar is nie, kom die heuningkwaste en blomme uit.

  • 'n Grootse karakter; word beslis nie na regte waardeer vir sy rol in Afrikaanse ligte musiek nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top