In 'n tyd waarin die frekwensie van die oortreffende trap haas "pornografies" geword het - u weet, "verstommend", "grondverskuiwend", "briljant", ensovoorts - is 'n mens sprakeloos vir 'n behoorlike beskrywing van prof Neville Alexander se onlangse referaat by die Roots-fees aan die Universiteit van Wes-Kaapland gelewer.
Ek volstaan maar by "uitstekend". Neem asb die flouerige klankie van hierdie woord as kompliment.
Die referaat getitel "Afrikaans as a language of reconciliation, restitution and nation-building" is verpligte leesstof vir enige een wat wil nadink oor Suid-Afrikanerskap en Afrikaans. Dit verskyn in Seminaarkamer.
Aan Koos Kombuis, Anton van Niekerk et al: kan ons as periodiese antagoniste in debat maar hierdie referaat as ons voorlopige "grondwet" aanvaar, ons gemeenskaplike backdrop? Ek dink so.
Groete,
Charl-Pierre Naude

