Netreg

  • 2

Fotobron: Canva

Daar in die dorpie van Netreg 
word niepsig deur niemand geluister nie;
bendes is oorgehaal om seermaakdade te pleeg 
voel ’n veer om met die skuldgevoelens te leef

Soos Koning Leeu 
met sy pistool volgelaai 
duisende koelbloedig afgemaai 
klein, kop vir kop 
met dodelike koeëls volgeprop

en Eenloperolifant 
wanneer hy sy hande saamslaan 
sit hy in jongkinders se leepoë 
nog ’n traan
smeer aarbeirooi om sy tabakbek
soos hy binne beklad en bevlek 

As bendes op bene kom 
in die dorpie van Netreg 
spoel liggaampies in sakke weg 

en die arme mense staan verstom.

  • 2

Kommentaar

  • Therin Pretorius

    Sjoe, hierdie gedig is besonders. Hierdie digter is briljant, al sy gedigte op LitNet is briljant!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top