Die wenner is:
Sy wen die volgende boeke met komplimente van Tafelberg-Uitgewers:
![]() |
Onder die radar deur Dana Snyman |
![]() |
Tik deur Piet Steyn |
![]() |
DA of nie? deur Eusebius McKaiser |
![]() |
Justice deur Edwin Cameron |
![]() |
Plesierengel deur Leon van Nierop |

Verdere inligting:
• Die wenner sal ’n pakkie boeke wen wat later bekendgemaak sal word.
• Stuur jou gedig aan rentia@litnet.co.za met die onderwerp “netdigters 2.0”. Maak seker dat jou naam, van en kontakbesonderhede jou gedig vergesel.
• Volg asseblief LitNet se poësievoorleggingsriglyne. Jou gedig moet byvoorbeeld geen spelfoute of taalfoute bevat nie (tensy doelbewus/funksioneel).
• Engelse en Afrikaanse gedigte sal aanvaar word.
• Om aan die kompetisie deel te neem, mag jy al voorheen gedigte (hetsy op LitNet of elders) gepubliseer het.
• Alle inskrywings moet Rentia Bartlett•Möhl teen 15 Februarie 2014 bereik. Die wenner sal einde Februarie bekendgemaak word.
• Alle goedgekeurde inskrywings sal op LitNet verskyn.
• Maksimum vyf gedigte per inskrywing sal aanvaar word.
• Lengtebeperking: Maksimum 250 woorde per gedig.
• Gebruik beelde, video, hiperskakels en simbole oordeelkundig. Hoe help dit om jou boodskap oor te dra? Gebruik hierdie gereedskap slegs indien absoluut noodsaaklik en op ’n oorspronklike manier.
• Indien van video gebruik gemaak word: maksimum 3 minute video•tyd.
• Indien van beelde gebruik gemaak word: maksimum 5 beelde per gedig.
• Vanweë die tegniese aard van ons webblad kan gedigte in slegs een lettertipe (wel verskillende lettergroottes) gepubliseer word. Indien jy met die lettertipe van jou gedig wil eksperimenteer, stuur asseblief jou gedig aan as ’n PDF of JPEG; ons sal dit dan as beeld op ons webblad laai.
• Neem asseblief die aard van ons webblad in ag. Indien jou gedig tegnies te kompleks is, mag dit dalk onmoontlik vir ons wees om dit te laai.
• Daar gaan veral gekyk word na die oorspronklike manier waarop jy met die onderwerp en medium van die internet omgaan. Tog gaan daar ook gekyk word na hoe jy taal beheer en unieke beelde kan genereer. Jou gedig moet goed geslyp wees en geen oorbodige woorde of clichés bevat nie (tensy doelbewus).







Kommentaar
Is this for Afrikaans poems only?
English entries are also welcome: https://www.litnet.co.za/Article/netpoets-20