Netdig vir Zultan

  • 0

(My internetsku ou koshuisvriend wie se stilte ons vriendskap verstrengel)

Wanneer jy eendag – eendag! - jou selfoon optel
sal ek jou wonderlike stories vertel
van my reise en waar ek my hart verloor het.
Tot dan, laat ek maar
die klengel-deuntjie draal
in die swart uitspansel van jou selfoon-gehoorstuk
en prewel met neutrale stem
my beste wense vir jou in hierdie jaar.
As versekering laat ek 'n boodskap
op jou seldsaambenutte sosiale-media-blad
vir die wis onwis uitwis
en gelukkende kommunikasie: 'n netdig.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top