Net

  • 1

Fyn bedraad
bedrieglik sterk
het hy homself
uitgeskud, windgepof
op die water
en tussen die varke
sy asem oor ons
uitgeblaas in
‘n towerspreuk
sy heilige opdrag
in ons palms laat jeuk:
asses-, kriti-, kompli-,
be-, publi-
seer
totdat ons basis in
webbe en nerwe
ontbind.
Hy knoop sy garing onselfsugtig
oor verhoogkontoere,
bedien op silwer borde
die brousels van ons
beitels, bore, breine
vir nuwe sen-
sasie, -suur, -timente,
-iliteite, -uwees, -sitiwiteit.
Onbegrens gee hy ons
laat ons
mag
ons alles geoorloof be-
sin, -oordeel, -gin,
-vraagteken, -invloed,
-perk, -sit.
Hy bedek, glo, hoop
alle
dwaasheid, waansin, begrip.

Maar bo alles:
vry en dig
laat hy ons nou
net
wees.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top