Net vir jou
Ek weet ek is verlief
Jy het my hart gesteel soos ’n gewetenlose dief
My kop dit draai, net om jou
O my skat my hart bly net aan jou getrou
Jy is vir my die duurste ring
As ek jou sien wil my hart rondspring
Jou melodie is my gunsteling
Jy’s die rede hoekom ek met ’n smile wil sing
Jy’s my favourite girl in ’n rokkie van rooi en blou
Ek is mal, gek, verlief op jou
My kop dit draai
Naby jou is ek niks meer as skaam
Ek reageer tien keer vinniger op jou naam
Ek sal altyd by jou bly staan
Jy’s my hartklop
Daai klop wat drie keer gelyk gebeur
Sê vir my jy is lief vir my
Dan het ek niks meer seer
Jy’s my kombers wat my snags warm maak
My deodorant wat 24/7 oor my liggaam waak
As jy naby is maak niks anders saak
Ek is lief vir jou
Ek wil by jou wees elke dag en nou
Die song het ek geskryf net vir jou
![]() |



