Net 'n grap, Jan Rap?

  • 0

Ja, dit kan natuurlik nie ernstig wees nie.

Maar ek het nogtans gehoop jy sou uit jou hoek gestorm kom met swaaiende vuiste, dan kan ek jou lekker pootjie deur te skreeu "Whê, net 'n grappie!"

Die vermenging van ons tale is 'n ernstige saak, maar dalk is dit tog nie so erg soos wat ons vrees nie. Daar is nog baie mense wat hard probeer reg skryf en praat.

As jy Nuus24 lees, die internetkoerant, sal jy goed kan sien hoe die algemene Afrikaanse publiek hul taal gebruik. Onder aan die berigte kan mense kommentaar lewer en die gehalte van die taal wissel van goed tot vrot. Jy kan self ook kommentaar lewer, ook oor 'n ou se taalgebruik, maar dan moet jy blykbaar aan Facebook behoort. Ek meen die beste tyd om die berigte te lees is laterig in die middag, dan is daar al heelwat kommentare.

Sterkte Jan, en hou daai windmeulens dop, ek dink hulle soek moeilikheid! (Toemaar, weer net 'n grappie.)

Varkspek

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top