Net jy

  • 0

vir ee - 14 Februarie

Ou knol wei weer
seerpoot in jou siertuin,
los agter hom
dié donker spoor.

Net jý sal opstaan
jou tuin versorg
en weer lag. Net jý:
só soomloos het jy lief.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top