"Net ek, net jy" deur Bok Rautenbach

  • 0

Net ek, net jy

Ons leef in 'n wêreld van onheil en leed
Ons leef in 'n wêreld waar niemand kan vergeet
van die verlede
Vergeet en vergewe

Ons leef in 'n wêreld, ons leef bymekaar verby
Ons leef in 'n wêreld en ons vermy realiteite
Vermy die harde koue feite

REFREIN:
Maar sal ons saam
die einde van die reënboog kry?
Of is ons op ons eie
Net ek
Net jy

Ons leef in 'n wêreld met diefstal en moord
Ons leef in 'n wêreld en mense gaan in oorlog dood
Mense gaan dood van hongersnood

Ons leef in 'n wêreld, ons buit mekaar uit
Ons leef in wêreld met haat en verwyt
wat vanuit ons harte spruit

REFREIN

Maar ons kan saam
die einde van die reënboog kry
En is ons nie op ons eie
maar saam, ek en jy

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top