Neerstortende blaar

  • 0

Foto: Canva

Neerstortende blaar

Op ’n neerstortende blaar
wat na ure iewers gaan lê en stof opgaar
staan die volgende geskryf

In liefdevolle herinneringe aan wyle

Dit laat my dink
uit watter boomfamilie se stam is jou hut gekerf

want nou in die donker verlang ons na jou
en hulle na die glansbruin hut waarin jou uitgesterfte liggaam lê.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top